
Hoewel Agbiz en die Onafhanklike Ontwikkelingskorporasie se vertrouensindeks vir landbousake in vanjaar se laaste kwartaal met vyf indekspunte tot 55 gedaal het, dui 'n punt punt bo 50 uitbreidingbo 50 uitbreiding in bedrywighede aan, sê mnr. Wandile Sihlobo, Agbiz-ekonoom.
Slegs drie sub-indekspunte het gedaal, naamlik omset, netto bedryfsinkomste en werksgeleenthede, wat tot 'n mate nog op die nagevolge van die droogte dui. Die verbetering in ander subindekse dui op verwagtinge vir 'n goeie volgende produksieseisoen, sê Sihlobo.
Vertroue rakende omset het met agt punte tot 67 gedaal, wat daarop kan dui dat sommige landboubesighede verliese kan lei, veral dié in die graanproduserende gebiede.
Laer inkomste
Laer uitsette in die 2015/’16-produksieseisoen het tot laer bergings- en hanteringsinkomste vir agribesighede gelei, sê Sihlobo.
Die subindeks vir netto bedryfsinkomste het met 18 indekspunte tot 47 geval en vir werksgeleenthede van 63 punte tot 53.
Die subindeks oor markaandeel het egter met 12 punte tot 80 verbeter, en van kapitale investering met nege punte tot 69, wat verband kan hou met goeie winteroeste en verwagtinge vir 'n goeie somer.
Het verbeter
Nadat die subindeks vir uitvoervolume in die vorige kwartaal met 17 indekspunte tot 33 gedaal het, het dit in die afgelope kwartaal weer met 31 punte tot 64 verbeter.
Sihlobo sê dit was grootliks danksy groter uitvoerbedrywighede in die sitrus- en wynbedrywe.
Vertroue rakende voorsiening vir swak skuld het die vorige kwartaal met 43 punte gedaal, maar nou met 28 punte tot 60 gestyg. So het ook vertroue oor finansieringskoste met 36 indekspunte tot 67 gestyg, wat verband kan hou met verwagtinge dat die rentekoers die res van die jaar 7% kan bly.
Vertroue in ekonomiese groei het van 30 indekspunte tot 34 gegroei en in algemene landboutoestande met 11 punte tot 66.