AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9010
60,00
CORN
07 Okt
-
4824
6,00
SOYA
07 Okt
-
9579
49,00
SUNS
07 Okt
-
10611
131,00
WEAT
07 Okt
-
7207
-3,00
WMAZ
07 Okt
-
4673
-29,00
YMAZ
07 Okt
-
4653
3,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Salam Abram en ANC se paaie skei

’n Vuurvreter vir die landbou, wat die Minister van Landbou verskeie kere aangevat het, mnr. Salam Abram, het die ANC gelos.

Een van die mees senior ANC-LP’s, mnr. Salam Abram, het besluit om dié party te los omdat Luthuli-Huis parlementslede met ’n afstandbeheer beheer.

Abram het reeds vroeër vanjaar bekendgemaak dat hy hom nie vir nóg ’n termyn as LP beskikbaar gestel het nie. Hy was sedert 2003 ’n lid van dié party en het 12 jaar in die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou gedien.

Hy het by die Kaapstadse Persklub gesê die beleidsvoorstel waar die Regering 50% van boere se plase wil ontneem deur ’n werknemersbesitskema vir die werkers, het reeds komplekse afmetings aangeneem. Die onmiddellike een is dat dit belegging in dié sektor strem.

Abram het gewaarsku teen beloftes wat aan werkers gemaak word dat hulle die plase sal besit. “Politici moet die waarheid praat en vertroue inboesem.”

Retoriek het tot skade gelei
Hy het bygevoeg dat onrealistiese retoriek bygedra het tot die duisende diensleweringsoptogte, wat baie keer tot die dood van onskuldige mense, die vernietiging van infrastruktuur en eiendom gelei het. “Dit is die hartseer bewys van die roekelose beloftes wat gemaak is, wat die land in die afgrond dompel.”

Hy voel dat die staat die kar voor die perde span wat die heropening van grondeise betref. Die staat moes eers met boere saamwerk om ’n sukses van die eerste ronde grondhervorming te doen, voordat hy weer die proses oopmaak.

“Daar bestaan baie welwillendheid onder die kommersiële boere, maar die staat het gefaal om hulle hande te vat en hulle as mentors te gebruik om welslae te behaal.”

Voorsitter het die minister beskerm
Oor die afgelope termyn in die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye, het hy gesê dat die voorsitter van die komitee, mnr. Lulu Johnson, op ’n gereelde basis me. Tina Joemat-Pettersson, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, beskerm het.

“Wanneer jy vrae in die komitee gevra het, het die voorsitter sy uiterste bes probeer om jou aandag van die kwessies af te lei.”

Oor die keer toe ’n uitval tussen hom en Joemat-Pettersson daartoe gelei het dat hy ’n komiteevergadering moes verlaat, het hy gesê dat mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, hom aangespreek het omdat hy die minister teengegaan het.

Volgens Abram het Mantshe gesê dat Abram moet onthou dat hy nie boere in die Parlement verteenwoordig nie, maar die ANC.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-0.0%
Rand - Pond
20.17
-0.4%
Rand - Euro
17.65
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,714.24
+0.1%
Silwer
20.80
+0.7%
Palladium
2,263.11
+0.1%
Platinum
932.66
+0.8%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,262
-0.3%
Alle aandele
65,626
-0.3%
Hulpbronne 10
63,634
+0.6%
Industriële 25
79,470
-0.7%
Finansiële 15
13,963
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot