AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Salam Abram looi departement

Die staat kan nie van boere verwag om te help met werkskeppingspogings as daar nie na boere geluister word nie, sê mnr. Salam Abram, ANC-LP.

Die staat kan nie van boere verwag om te help met werkskeppingspogings as die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye nie bereid is om na boere te luister nie, sê mnr. Salam Abram, ANC-LP wat bekend is dat hy ’n ding by sy naam noem.


Hy het op Agri SA se konferensie op Stellenbosch die departement slae gegee in sy kenmerkende reguitpraat-styl. Hy het die departement gewaarsku om sy sake agtermekaar te kry, anders sal hy sélf die voorbok wees om op te mars in weerstand teen die swak diens wat boere ontvang. Slegs drie afgevaardigdes van die departement was tydens sy toespraak teenwoordig.


“As jy van hierdie boere – wat soms baie bedonnerd is – verwag om werk te skep, dan moet jy eers na hul probleme luister. Wat verhoed dat hulle werk skep?”


Hy is vies omdat mnr. Ebrahim Patel, Minister van Ekonomiese Ontwikkeling, nie sy belofte van verlede jaar nagekom het om “in kakieklere en met ’n bakkie saam met die boere te gaan braai nie”.


Luister na boere

“Dít is die probleem met die Regering. Hy kom nie terug na jou nie. Tensy die departement bereid is om na die bedryf te luister en dan die planne te laat werk, is ek bevrees kan ek nie na die konferensie kom en sê: Hei, dís ’n mooi plan en dís ’n lekker plan (vir die landbou om met werkskepping te help) nie.”


Abram sê ten spyte van die feit dat die departement vanjaar miljoene rande van sy begroting nie gaan bestee nie, is daar steeds boere wat vergeefs op hulpverlening wag ná verlede jaar se vloede.


Hy het ook uitgevaar oor die “disfunksionaliteit” van die departement. Minstens ses van die poste vir ’n adjunkdirekteur-generaal in die departement word tans deur waarnemers gevul. Nóg ’n doring in sy vlees is landelike infrastruktuur wat nie onderhou word nie.


“Hoe wil jy groei as hierdie dinge, wat al gister gedoen moes gewees het, nie reg is nie? Dit is die owerheid se taak om ’n omgewing en infrastruktuur te skep sodat die boer kan boer. “As ons nie vinnig iets doen nie, gaan ons die grootste opstande oor kos in die geskiedenis sien.”


24 Februarie 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot