AFGRI
BEAN
30 Jan
-
9724,8
70,80
CORN
30 Jan
-
4600
8,00
SOYA
30 Jan
-
9400
-135,00
SUNS
30 Jan
-
9951
-269,00
WEAT
30 Jan
-
6782
73,00
WMAZ
30 Jan
-
4355
-63,00
YMAZ
30 Jan
-
4484,6
-49,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Samewerking keer tamatieplaag sover

Die blaarmyner-mot Tuta absoluta is los in Suid-Afrika, maar daar is nog nie ’n afname in die aanbod van tamaties nie.

Die gevaarlike tamatieblaarmyner-motspesie Tuta absoluta het onlangs sy opwagting ook in Wes-Kaapse tamatielanderye gemaak. “Ons is maar bekommerd, want jy het net soveel chemiese middels en skietgoed om te gebruik. Ons weet nie wat ons gaan doen as ons patrone opraak nie. As jy nie die plaag bestuur nie, gaan dit alles uitroei. Jy kan 100% verliese hê,” sê mnr. Grant Smuts, ’n tamatieboer van Robertson.

Tuta absoluta is aanvanklik in Augustus in Mpumalanga opgemerk, maar volgens mnr. Cobus Vorster, bestuurder van die Tamatieprodusente-organisasie (TPO), is die insek reeds landwyd geïdentifiseer. Plase in die Paarl en Robertson het die jongste slagoffers en die eerste in die Wes-Kaap geword.

Dit is ’n aggressiewe plaag wat die hele plant – van die blare tot die vrugte – aanval. Danksy voorkomende plaagbestryding is oeste darem nog nie beskadig nie, sê Vorster. “Geen algemene afname in die aanbod van tamaties op die nasionale varsproduktemarkte, waar meer as 80% van die land se tamaties bemark word, is tot dusver waargeneem nie.”

Saamstaan

Smuts sê hulle het onlangs lokvalle vir Tuta absoluta op die plaas uitgesit en die volgende dag motte gevang. Dit is visueel én op DNS positief geïdentifiseer.

“Daar is gelukkig baie goeie samewerking met al die chemiese maatskappye en ons het reeds ’n strategie vir ons streek uitgewerk. Die boere in die omgewing sal moet saamstaan en chemiese middels op gesinchroniseerde wyse gebruik, anders sal daar skade intree,” sê hy.

Die plaagbestrydingsmiddels wat vir tamatie-bladmynermot geregistreer is, het ’n onthoudingsperiode van een tot drie dae. “Al die middels wat vir Tuta geregistreer is, is ongelooflik duur. Dit is ’n nuwe uitdaging, wat ook bestuursgewys baie moeilik is, maar ons doen wat ons kan,” sê Smuts, wat ook bekommerd is dat Bactrocera dorsalis, ’n Oosterse vrugtevlieg waarvan tamaties ook ’n gasheerplant is, in hul rigting op pad is.

Noodregistrasie

Mnr. Johan Janse van Rensburg van Dow AgroSciences skryf op die TPO se webwerf dat die mot vining aanteel en sy lewensiklus binne 24 tot 38 dae voltooi. Dit is 12 nuwe generasies per jaar.

Sy raad is om chemiese middels uit verskillende groepe af te wissel en dit herhaaldelik toe te dien, soos nuwe groei plaasvind. Hy sê die insekbestrydingsmiddel Delegate, met Spinetoram as aktiewe bestanddeel (registrasienommer L8392 ingevolge Wet 36 van 1947), het onlangs ’n noodregistrasie ontvang om die plaag te probeer bestry.

“Ander aktiewe bestanddele wat besonder doeltreffend is, is Rynaxapyr en metoksiefenosied (methoxyfenozide).” Om die voorkoms van Tuta absoluta aan te meld, stuur e-pos aan JanHendrikV@daff.gov.za. — LUCILLE BOTHA

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.41
-1.2%
Rand - Pond
21.50
-0.6%
Rand - Euro
18.89
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,009.02
-0.4%
Palladium
1,637.70
-0.5%
Goud
1,922.40
-0.3%
Silwer
23.59
-0.1%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,344
-0.6%
Alle aandele
80,325
-0.6%
Hulpbronne 10
77,934
+0.1%
Industriële 25
102,701
-1.1%
Finansiële 15
16,323
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Kom dans in die reen saam my
Eks passievol. lewens lustig. never a dull moment. ek bring die son saam waar ek gaan. hou van die simpel lewe . maar met baie liefde in
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot