AFGRI
BEAN
07 Des
-
9386
36,00
CORN
07 Des
-
4398
-51,00
SOYA
07 Des
-
9034
-10,00
SUNS
07 Des
-
10415
-85,00
WEAT
07 Des
-
6657
3,00
WMAZ
07 Des
-
4820,2
-29,80
YMAZ
07 Des
-
4750
10,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sanparke beoog nuwe graslandpark in Oos-Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die grasvelde van die Noordoos-Kaap in die suidelike Drakensberge sal nou bewaringstatus kan geniet danksy die nuwe beoogde Noordoostelike Grasveld Nasionale Park. Foto: Fredalette Uys
Die grasvelde van die Noordoos-Kaap in die suidelike Drakensberge sal nou bewaringstatus kan geniet danksy die nuwe beoogde Noordoostelike Grasveld Nasionale Park. Foto: Fredalette Uys
Die wuiwende grasvelde van die Noordoos-Kaap gaan beskermde status kry.

Die wuiwende grasvelde van die Noordoos-Kaap gaan beskermde status kry danksy Sanparke se planne om ’n nuwe nasionale park met die samewerking van kommunale en kommersiële boere te vestig.

Die beoogde Noordoostelike Grasveld Nasionale Park word beoog hoog bo seespieël in die suidelike Drakensberge in die noorde van die Oos-Kaap teen die Lesothogrens. Dit sal landmerke soos die bekende Naudésnekpas insluit.

Volgens Sanparke is die doelstelling van die park om die belangrike biodiversiteit van die graslandbioom in die gebied, wat ook ’n strategiese waterbrongebied is, te bewaar. Dit geniet tans nie voldoende beskerming nie.

Sanparke se mikpunt is om die park met die samewerking van private en kommunale grondeienaars tot stand te bring.

“Die vestiging van die nasionale park sal ’n nuwe en innoverende benadering inlui vir die uitbreiding van ’n beskermde gebied, aangesien dit gesetel sal wees in ’n werkende landboulandskap,” sê dr. Luthando Dziba, uitvoerende hoof van Sanparke.

Die gebied is bekend om sy ryk biodiversiteit en endemiese spesies. Dit is in die Oos-Kaapse Drakensberg- strategiese waterbrongebied, wat ’n natuurlike bron van vars water is vir gemeenskappe laer stroomaf.

Die verklaring van die gebied tot park sal ook die formele beskerming van Suid-Afrika se graslande verbeter, aangesien die gebied geïdentifiseer sal word as nasionale bewaringsprioriteit. Die oogpunt is om ’n bewaararea van 30 000 ha formeel te verklaar.

Anders as tradisionele parke sal grondeienaars, deur rentmeesterskap, hul grond op ’n vrywillige basis by die park insluit. Private en kommunale grondeienaars kan bevoordeel word deur ’n reeks finansiële voordele en hul grond word formeel beskerm.

“Die prag van die model is dat biodiversiteitbewaring en ekologiese bestuur gedoen word in vennootskap met die mense wat in die gebied lewe en werk, terwyl hulle sal aanhou om deur die grond bevoordeel te word deur volhoubare landbou en ander versoenbare gebruike van grond. Uiteindelik wen die natuur én die mense. Ons kan nie wag om te sien hoe die projek verwesenlik nie,” sê dr. Morné du Plessis, uitvoerende hoof van die wêreldnatuurlewefonds (WWF).

Die doelstelling is om die restourasie en instandhouding van die landskap te verseker danksy staatsfinansiering. Die skep van die park sal ook werksgeleenthede skep aangesien uitheemse plante verwyder en vleilande herstel moet word.

“Danksy die ru, ongerepte landskap, het die gebied ’n groot geleentheid vir avontuur- en kulturele toerisme wat kan help om ’n toerismebedryf reg deur die jaar te bou, wat verdere moontlike werksgeleenthede kan ontsluit. Die verklaring van ’n nasionale park is ’n verdere motivering vir die insluit van die gebied in die aangrensende Drakensberge Wêrelderfenisgebied,” sê Dzimba.

Wat behels die proses?

Private en kommunale grondeienaars kan vrywillig hul grond as deel van die park laat verklaar. Die grondeienaars behou eienaarskap en regte tot die grond, en Sanparke en sy vennote sal saam met die grondeienaars werk om die biodiversiteit op die eiendom te help beskerm. Die proses sal individueel voltooi word met elke grondeienaar.

Die grondeienaars se toestemming word gegee in ’n geskrewe ooreenkoms tussen die grondeienaar en Sanparke. Daarna sal ’n bestuursooreenkoms tussen Sanparke en die grondeienaar aangegaan word waar die onderskeie rolle uiteengesit word.

Die betrokke eiendom word dan verklaar as deel van die nasionale park en Sanparke sal optree as die besturende gesag van die betrokke eiendom. Die bestuursooreenkoms tree in werking wanneer die geskrewe ooreenkoms teen die titelakte van die eiendom geregistreer word.

Grondeienaars en grondreghouers sal steeds ’n inkomste uit die grond moet kan genereer, maar dit moet gedoen word op ’n manier wat die biodiversiteit bewaar. Dit bied nuwe geleenthede wat voordele vir die grondeienaars inhou.

Grondeienaars kan voordele ten opsigte van inkomste- en eiendomsbelasting kry. Die eienaar kan die biodiversiteit op sy plaas wetlik beskerm en só ’n nalatenskap verseker wat die natuurlike, historiese en kulturele erfenis van die landskap vir die huidige en komende generasies beskerm.

In kommunale gemeenskappe waar kommersiële ondernemings lewensvatbaar sal wees, sal die gemeenskappe die nodige bystand kry om assesserings vir lewensvatbaarheid uit te voer en opleiding ontvang, tesame met die vestiging van vennootskappe met moontlike finansiers.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
+1.1%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,782.12
+0.6%
Silwer
22.70
+2.3%
Palladium
1,849.00
-0.1%
Platinum
1,007.00
+1.6%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Kom ons kyk wat wag
Ek is opreg met n goeie hart maar kan lekker Hardkoppig wees. Ek aan vaar ook iemand nes hulle is moet nooit iemand verander nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot