
Op die 13de produksieveiling van die Kroon Santa-klub is dié Santa Gertrudisvers van mnr. Willie en me. Tina de Jager se Valley Venture-stoetery, Vryburg, teen 'n Suid-Afrikaanse rekordprys van R50 000 verkoop. Die vers, nr. VV1570, is deur mnre. Stephan Fourie en Emile de Klerk van die Diamond-stoetery, Frankfort, gekoop. Van links is mnre. Hugo Groenewald, Ian Grobbelaar, afslaer, De Jager, Fourie en De Klerk. Die duurste bul (ook van die Valley Venture-stoetery) is teen R80 000 aan mnre. Louwrens van Vuuren en Raymond de Villiers van Zeerust verkoop. Die veiling is deur Vleissentraal Bethlehem aangebied.