AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Sasria: Nuwe graderingskategorie vir landbouvoertuie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Zunckle Farms
Ter illustrasie. Foto: Zunckle Farms
’n Nuwe graderingskategorie vir landbouvoertuie onder Sasria-dekking kan vir boere welkome finansiële verligting bring.

Suid-Afrikaanse boere wat gebuk gaan onder stygende produksiekoste en dalende marges, sal waarskynlik verlig wees om te hoor dat die Suid-Afrikaanse spesiale risikoversekeringsvereniging (Sasria) landbouvoertuie nou in hul eie kategorie indeel. Voorheen is hierdie voertuie in die M8-swaarvoertuigkategorie ingedeel.

Luidens ’n verklaring deur Graan SA volg dit ná die wydverspreide skade wat in die burgerlike onluste in grootliks KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie 2021 aangerig is. Hierna het Sasria voorgestel het dat sy premies op voertuie in die M8-kategorie met 1 736% verhoog moet word, of van R326,78 tot R6 000,98 vir ’n versekerde bedrag van R2 miljoen.

“Graan SA het die leiding geneem en saam met ander landboubelanghebbendes met Sasria onderhandel om landboutoerusting nie oor dieselfde kam as vragmotors te skeer nie. Sasria het ingestem om landbouvoertuie as spesiale landboutoerusting te verklaar met ’n premie heelwat laer as waaronder vragmotors verseker word. Die nuwe tarief is vasgestel op 0,006% effektief 1 Augustus 2022,” lui die verklaring.

Mnr. Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie en lededienste by Graan SA, sê sy organisasie is verheug oor Sasria se besluit aangesien die meeste landboutoerusting en -voertuie selde die plaas verlaat. ’n Verdere voordeel is dat Sasria ingestem het om die nuwe koers effektief terug te dateer tot 1 Februarie 2022 vir nuwe of hernude Sasria-polisse.

’n Omsendbrief deur Sasria dui aan dat sy nuwe graderingskategorie vir landbouvoertuie Agri1 (A1) genoem word. Dit definieer ’n landbouvoertuig as “enige selfaangedrewe of gesleepte voertuig wat gebruik word in die uitvoer van landbou- en boerderybedrywighede (insluitend die instandhouding en versorging van die grond en van privaat- of toegangspaaie waarvoor die versekerde hulself verantwoordelik hou) wat, ten tyde van ’n eis, nie in stryd met die bepalings van die Padverkeerswet of enige vervanging daarvan gebruik word nie”.

Die omsendbrief voeg by dat Sasria se jaarlikse premie vir landbouvoertuie 0,006% van die versekerde waarde moet wees, met ’n minimum premie van R60,00. Die maandelikse premie vir hierdie voertuie moet 0,0006% van die versekerde waarde wees, met ’n minimum premie van R6,00.

“Belanghebbendes (die versekerde) moet voortgaan om versekering te verskaf vir die waarde van nie-gemotoriseerde toerusting insluitend, maar nie beperk nie, tot spilpunte, plaaswerktuie en toerusting onder die Brandkoepon, en vir die waarde van aanleg onder mobiele aanleg (M6) of kontrakwerkkonstruksie-aanleg (CW) soos van toepassing,” lui SASRIA se omsendbrief.

Luidens ’n verklaring van Agri Wes-Kaap word Sasria se besluit as “ ’n wen vir die georganiseerde landbou” bestempel. Dié organisasie het deelgeneem aan die onderhandelinge met Sasria.

Mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê dié ingryping bevestig die belangrikheid van die georganiseerde landbou. “Ons is dankbaar dat Sasria so spoedig opgetree en die georganiseerde landbou se aanbeveling aanvaar het.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot