AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Sassa-krisis kan ook landbou raak

Die landbou sal ook geraak word indien maatskaplike toelaes nie op 1 April aan miljoene Suid-Afrikaners betaal word nie.

'n Dreigende krisis met die betaling van maatskaplike toelaes plaas nie net die stabiliteit van landelike omgewings op die spel nie maar kan ook 'n groot impak hê op plattelandse markte waar boere hul produkte verkoop.

Die kontrak tussen die SA Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) en Cash Paymaster Services (CPS), die diensverskaffer wat betaling van maatskaplike toelaes hanteer, verstryk op 1 April en 'n plaasvervanger is nog nie ingestel nie. Sowat 17 miljoen Suid-Afrikaners ontvang dié toelae.

Volgens mnr. Hamlet Hlomendlini, senior ekonoom by Agri SA, word plattelandse omgewings en markte oorheers deur arm huishoudings wat oorleef met die hulp van bestaansboerdery, maatskaplike toelae en geld wat familielede van stede af stuur.

Buffer teen armoede

"Vir baie families in landelike omgewings is maatskaplike toelaes hul enigste bron van inkomste en dit is 'n buffer teen armoede en wanvoeding," sê Hlomendlini.

"Uit 'n landbou-perspektief, fasiliteer maatskaplike toelaes 'n vinnig groeiende tendens van markte vir kleinboere. Sommige boere rig tydens die dae wat maatskaplike toelae betaal word stalletjies op waar 'n verskeidenheid van produkte en selfs lewende hoenders verkoop word. Ander ry met bakkies rond en verkoop vars vrugte en groente.

"Diegene wat meer gehalte produkte kan produseer vestig kontraktuele ooreenkomste met kleinhandelaars wat hulle toelaat om varsprodukte op 'n daaglikse of weeklikse basis te lewer. Dit help die landelike ekonomie om te floreer, en maatskaplike toelaes speel 'n belangrike rol in die verband."

Wees pro-aktief

Mnr. Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou, waarsku dat die impak van dié krisis op die landbougemeenskap omvangryk is. "As maatskaplike toelaes nie betaal word nie, kan dit bydra tot hongersnood vir baie mense. Dit raak nie net die persoon wat die toelaag ontvang nie, maar ook sy gesin."

Vermeulen beveel aan dat boere deeglik rekord hou van hoeveel werkers en familielede op hul plase woon, want 'n toestroming van werkloses na familielede wat werk op plase het, kan moontlik voorkom.

"Die druk op families wat op plase woon en hulle naasbestaandes bystaan kan toeneem, en dit kan 'n spiraal van swaarkry laat ontstaan. Dit kan ook druk op boere, waarvan talle werkers maandeliks met voedsel bystaan, verhoog," sê Vermeulen.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.62
+0.2%
Rand - Pond
21.14
+0.4%
Rand - Euro
18.88
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
969.64
-0.4%
Palladium
1,581.05
-1.1%
Goud
1,875.14
+0.4%
Silwer
22.33
+0.3%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,460
-0.0%
Alle aandele
79,549
-0.0%
Hulpbronne 10
74,333
+0.3%
Industriële 25
102,995
-0.1%
Finansiële 15
16,313
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Baie "Humble" wil gelukkig wees
Ek is gelukkig in myself, het al baie hartseer beleef. Ek is baie self versekererd hou van mense. Ek is liefdevol, en gee altyd net my beste, ek gee om, help altyd waar ek kan....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot