
Mnr. Schalk Burger sr., voormalige Springbok-rugbyspeler, sê sy groot wens is dat sy kinders veilig in Suid-Afrika kan leef en op sy plaas kan boer.
Burger bedryf sy Welbedacht-wynlandgoed saam met sy seuns, Tiaan en Schalk jr. – bekende Springbok-flank.
Burger het op vanjaar se Absa Pinotage-toer met Landbou.com op die wynlandgoed oor sy sienings van die huidige Suid-Afrikaanse landbou gesels.
“Ek sal baie graag wil hê dat dié Regering die geleentheid aan my kinders sal gee om wel eendag hier te kan boer. En om mense in diens te kan neem en werk vir hulle en ’n toekoms te kan verskaf.”
Volgens Burger ervaar die land ’n moeilike tydperk, maar dit sal ook verby gaan.
Vergrootglas
Burger sê die landboubedryf, veral die wynbedryf, beleef tans nie ideale omstandighede nie. Dit sou ook tot hulle voordeel wees as die Regering pogings kon aanwend om plaaslike boere in ’n mate teen internasionale invoer te beskerm.
“Dis nie maklik om in ’n land te boer waar alles wat jy doen, soos die Engelsman sê, met “circumspect” behandel word nie,” vertel Burger.
Kyk gerus hier na ‘n video van Burger wat aan ons vertel wat die grootste uitdagings vir ’n wynboer is.
15 November 2011