AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Schüssler: Belê in landboutoerusting

Die landboubedryf moet die lae wisselkoers benut en kapitale beleggings, soos in toerusting, doen, sê mnr. Mike Schüssler.

Die landboubedryf moet die lae wisselkoers benut en kapitale beleggings, soos in toerusting, doen, sê mnr. Mike Schüssler, een van die land se bekendste ekonome.


Hy sê dit is onseker hoe lank die rand op sy huidige vlakke sal bly, en boere moet die situasie so gou moontlik gebruik.


Schüssler was Dinsdag (13 September 2011) een van die sprekers op AMT se 11de landbou-vooruitskouingskonferensie in Pretoria.


“Dit is nou die tyd om die rand te gebruik om in te voer wat jy nodig het om jou bedrywighede op te gradeer,” sê Schüssler. Hy sê die rand gaan weer teenoor ander geldeenhede verswak, “maar dit gaan nie so ’n groot ongunstige uitwerking op kommoditeitspryse hê nie.”


Landbou nie ernstig opgeneem

Schüssler sê as hy kyk na ander lande en die bydrae wat die landbou tot dié lande se ekonomieë maak, is dit duidelik dat “Suid-Afrika landbou nie ernstig genoeg opgeneem nie.

Dit is duidelik dat die onsekerheid, wat byvoorbeeld deur beleidsbewegings veroorsaak is, ’n invloed op landboubeleggings gehad het.”


Hy het die Suid-Afrikaanse bedryf  se 3%-bydrae tot die groeikoers met dié van Brasilië (6,9%) en Argentinië (9,6%) vergelyk.


Volgens Schüssler moet die land se ekonomie as ’n saak van dringendheid behoorlike leierskap kry, omdat hy voel dat dit die afgelope drie jaar “leierloos” is.

Verder sê Schüssler die impak van vakbonde op die ekonomie moet verminder word, want loonsverhogings is die afgelope tyd goedgekeur wat die land bloot net nie kan bekostig nie.


“Die ekonomie moet nie aangedryf word deur mense wat op korttermyn-inisiatiewe fokus nie. Ons het ’n verandering van houding nodig, want ons wil vorentoe gaan en ryk wees,” meen Schüssler.


’n Nies

Schüssler sê dit is duidelik dat die Amerikaanse ekonomie tans ’n afswaaifase beleef, “en as Amerika nies, gaan die res van die wêreld ’n verkoue kry, aangesien dit die wêreld se grootste ekonomie is. Ons kan nie met sekerheid sê dat ons nóg ’n erge afswaaifase kan verwag nie, maar ons weet ten minste opkomende lande sal nie so hard geslaan word soos die ontwikkelde lande nie.”


Suid-Afrika se stadiger ekonomiese groei gaan, volgens Schüssler, langer voortduur as wat aanvanklik verwag is. Hy voorspel dat die land se groeikoers tussen 2,8% en 3,1% gaan beweeg.


13 September 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
979.10
-0.6%
Palladium
1,421.38
-0.1%
Goud
1,976.74
-0.9%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot