AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

SEB: Ondernemings bemagtig nou sélf

Ondernemings spring nou sélf in om werknemers se vaardighede te ontwikkel om aan vereistes vir SEB te voldoen.

Landbou-sakeondernemings rol al meer die moue op om hul eie maniere te vind om swart ekonomiese bemagtiging (SEB) te laat gebeur.

Ondernemings het in Agbiz se jongste opname oor hoe hulle aan die Regering se vereistes vir SEB voldoen, gesê die ontwikkeling van vaardighede is vir hulle baie belangrik. “Hulle wag nie vir die Regering nie, hulle spring self in en ontwikkel hul werknemers,” sê me. Lindie Stroebel, bestuurder van ekonomiese inligting by Agbiz.

Altesame 21 ondernemings, almal agri-ondernemings onderhewig aan die agri-SEB-kodes, het aan die 2014-opname deelgeneem.

Stroebel verwelkom die voorkeur wat hulle aan opleiding gee, omdat die tekort aan vaardighede volgens haar ’n grondliggende probleem van die Suid-Afrikaanse ekonomie is.

Landbou-ondernemings is boonop dikwels op die platteland en sukkel om vaardige swart werknemers te lok, wat daartoe bydra dat hulle moeilik SEB-vereistes oor bestuursbeheer kan nakom. Hulle lei dus eerder hul eie mense op en dra so tot die ontwikkeling van die ekonomie by.

Stroebel sê vaardigheids- en maatskaplike ontwikkeling was in die afgelope vier opnames sedert 2007 altyd onder die topdrie voorkeursake. Ondernemings se menings oor SEB-eienaarskap verskil egter. Dié met institusionele beleggers kan onregstreeks swart eienaarskap hê en vir hulle is dit makliker om aan die Regering se telkaartvereistes hieroor te voldoen.

Struikelblokke
Baie ondernemings sê hulle vermy dit om ’n belang in hul onderneming te verkoop en oorweeg eerder gesamentlike ondernemings met SEB-vennote. Hulle vind dit moeilik om SEB-vennote of mede-eienaars te kry wat die nodige geld het om ’n aandeel in hul sake te koop, of wat waarde kan toevoeg. Oor SEB-verskaffers sê hulle dit is moeilik om verskaffers, veral primêre produsente (beide swart en wit), se SEB-status te verkry.

Sake-ondernemings is in die algemeen wel baie bereidwillig om opkomende ondernemings te mentor of help of gesamentlike ondernemings met hulle aan te pak.

Stroebel sê in vorige opnames het ondernemings dikwels aangedui hulle ondersteun nie SEB nie en stel dit nie in werking nie, omdat hulle nie die vereistes verstaan nie en nie die nodig geld en personeel het om dit te laat gebeur nie. Dít het nou verander. Ondernemings kry hul inligting by organisasies soos Agbiz en wag nie vir die Regering nie. Hulle werk onderling saam en bied saam werksessies aan om geld te spaar.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
+0.8%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.25
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,637.06
+0.9%
Silwer
18.73
+2.1%
Palladium
2,113.50
+3.5%
Platinum
860.50
+0.9%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,551
+0.5%
Alle aandele
63,938
+0.5%
Hulpbronne 10
56,966
+1.3%
Industriële 25
79,133
-0.5%
Finansiële 15
14,197
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maatjie
Ek is afgetree in Kleinmond en soek iemand om dinge mee te deel. Ek speel tennis en gholf en hou van langs die see stap en waardeer die eenvoudige klein dingetjies wat saak maak
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot