Die Minister van Handel en Nywerheid het ‘n verandering aan die kode vir beste praktyk van die handves vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) voorgestel om geregistreerde ouditeurs te betrek.
Volgens die verandering sou geregistreerde ouditeurs dan SEB-aansoeke kan bevestig en goedkeuringsertifikate kan uitreik.
Die verandering is op 31 Desember 2010 in die Staatskoerant gepubliseer, en die departement doen tans ‘n beroep op lede van die publiek om kommentaar daarop te lewer.
Enige kommentaar moet aan Xolisile Zondo en/of Liso Steto gestuur word by: Privaatsak X84, Pretoria, 0001 of via e-pos na bee-verification@thedti.gov.za. Die sluitingsdatum vir kommentaar is 28 Februarie 2011.
April 2011
Tans kan dié sertifikate slegs deur kontoleringsagentskappe, wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasiestelsel (SANAS) geakkrediteer is, uitgereik word.
Sou die aanpassing aanvaar word, sal ouditeure wat bevredigende bevoegdheidopleiding oor SEB ontvang en by die Onafhanklike Beheerraad van Ouditeure aansoek gedoen het, vanaf 1 April 2011 ook dié take mag behartig.
Intussen ondervind Agri SA steeds baie frustrasies oor die Agri SEB-raad en sloerdery met die publikasie van sektorspesifieke kodes en laer drumpelwaardes.
Kyk uit vir die storie wat binnekort in die Landbouweekblad gaan verskyn oor dié kwessie.
19 Januarie 2011