Senwesbel besit nou 58% van die aandele in Senwes nadat Royal Bafokeng sy Senwes-aandele aan Senwesbel verkoop het.
Die transaksie tussen Royal Bafokeng Agri Investments (Edms) Bpk, ‘n volfiliaal van Royal Bafokeng Holdings (Edms) Bpk en Senwes se houermaatskappy, Senwesbel Bpk, is pas beklink.
Luidens ‘n nuusverklaring sê mnr. Danie Minnaar, Senwes-voorsitter, dat Senwesbel nou 58% van die aandele in Senwes besit.
“Senwesbel is toegewyd aan die langtermyn volhoubaarheid en groei van Senwes. Ons voorsien dat Senwesbel in ‘n voordelige posisie sal wees om die maatskappy se groeiplanne te versterk en potensiële konsolidasie in die sektor te bevorder, maar om terselfdertyd goeie opbrengste vir aandeelhouers te verseker,” het Minnaar gesê.
13 September 2011