AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Ses ding mee om gesogte titel

Suid-Afrika se Boer en Landboukundige van die Jaar word op 1 November deur die Landbouskrywersvereniging van Suid-Afrika in Pretoria aangewys.

Die drie finaliste vir die Boer van die Jaar is mnre. Charl Senekal van Mkuze in KwaZulu-Natal (wenner in die Noordelike Streek — Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Limpopo en Noordwes), Anton Viljoen van Hexvallei (Wes-Kaapse streekwenner, bestaande uit die Wes- en Oos-Kaap) en Jan van Zyl van Reivilo (Sentrale Streekwenner, oftewel die Vrystaat en Noord-Kaap).

Die kandidate vir die Landboukundige van die Jaar is prof. H.O. de Waal van Bloemfontein (Sentrale Streek), dr. Kit le Clus van Bothaville (Noordelike Streek) en dr. Jasper Coetzee van Stellenbosch (Wes-Kaapse Streek).

Mnr. Senekal, wat op 22 plase boer, is een van die twee grootste suikerboere in Suid-Afrika. Hy brei tans sy suikerrietlande uit sodat hy oor 'n paar jaar sowat 600 000 ton suikerriet per jaar met 'n omset van R151 miljoen kan produseer. Hy beoog sy eie suikermeule. Sy private waterpyplyn uit die Pongolapoortdam verskaf ook water aan 400 000 mense in die omgewing.

Mnr. Viljoen is die naasgrootste produsent van uitvoertafeldruiwe in Suid-Afrika. Hy het 6 plase in die Hexvallei (220 ha onder tafeldruiwe), 5 eenhede langs die Oranjerivier, 100 ha wingerd by Onseepkans en 50 % belang in 'n uitvoerplaas by Piketberg. Hy het vanjaar die wingerblokkompetisies in die Hexvallei en langs die Oranjerivier gewen. By Onseepkans is hy besig met 'n nuwe projek van R45 miljoen, wat 100 ha onder tafeldruiwe met 'n eie hidroverkoelingpakhuis en verblyfgeriewe vir seisoenswerkers behels.

Mnr. Van Zyl, wat met Brahmane en Afrikanerbeeste boer, is een van die voorlopers in die vleisbedryf. Met 'n stelsel waarin sy beeste vier keer per jaar geweeg word, noukeurige rekordhouding en 'n produksienorm van kilogram vleis geproduseer per 100 kg vleis-belading op sy veld het sy bruto opbrengs van 1997 tot 2002 met meer as 100 % gestyg.

Dr. Coetzee, tegniese direkteur van Voermol, word as een van Suid-Afrika se mees begaafde navorsers en praktiese voorligters bestempel. Hy het met sy kundigheid, werkywer, toewyding en deursettingsvermoë 'n omwenteling in die winsgewendheid van die skaap- en bokbedryf in Suid-Afrika bewerkstellig. Sy baanbrekerswerk met deurvloei-proteïenaanvullings en lekke het bewys dit is moontlik om die wolproduksie van skape met tot 35 % te verbeter.

Prof. De Waal, medeprofessor by die Vrystaatse Universiteit se departement Veekunde, is bekend om sy kundigheid oor die weiende herkouer. Die afgelope dekade is hy ook gemoeid by die voeding van wilde diere, veral die groot roofdiere, soos die Afrikaleeu.

Dr. Le Clus, voorheen bestuurder: navorsing en ontwikkeling van Graan SA, is 'n private konsultant. By Graan SA het hy boere gehelp om hul ekonomiese lewensruimte te beskerm en verruim. Sy werkveld was graanproduksie (ontleding van produksiepatrone en opstel van strategieë om die patrone in voordeliger rigtings te stuur), graanproduksie-insette (om te sorg vir die beste moontlike insette teen die laagste pryse) en graanbemarking (ná die beëindiging van die eenkanaalstelsel het hy boere se belange beskerm en 'n leidende rol in die ontwikkeling van graanbemarking gespeel).

18 Oktober

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot