
Ses massiewe osse van mnr. Dolf du Bruyn van die plaas Ons’n, Bultfontein, is teen R20 000 stuk op Vleissentraal se veiling op dié dorp verkoop.
Volgens Linda du Plessis, hoofbemarker van die Santam Boertjie-Kontreifees op Bultfontein, het die osse van 1 000 kg tot 1 200 kg geweeg. 'n Spekulant het die R120 000 uitgehaal vir die ses osse.
Die osse is 4 tot 5 jaar oud en het in die veld groot geword en is vir 5 maande in 'n voerkraal afgerond. Die koper is mnr. Fiela Laas van Bloemhof.
Foto byskrif: Hier staan mnr. Dolf du Bruyn by die ses osse. Foto: Linda du Plessis