AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Ses SA beestelers is wêreldkampioene

akkreditasie
Die Simmentalerbul Milagro Premier ACM 16-44 is as die wêreldkampioen-Simmentaler in die Champion of the World Genetics-kompetisie aangewys. Premier is ook vroeër vanjaar op die Royalskou as Zoetis en Landbouweekblad se Breedplan-kampioen bekroon.
Die Simmentalerbul Milagro Premier ACM 16-44 is as die wêreldkampioen-Simmentaler in die Champion of the World Genetics-kompetisie aangewys. Premier is ook vroeër vanjaar op die Royalskou as Zoetis en Landbouweekblad se Breedplan-kampioen bekroon.
Ses Suid-Afrikaanse beestelers is as wêreldkampioentelers van hul rasse aangewys in die 2019 World Champion of Genetics-kompetisie.

Meer as 1 000 diere van 80 lande is vir die kompetisie ingeskryf. Die kompetisie is in 2012 in die lewe geroep deur mnr. PJ Budler, ’n Suid-Afrikaanse beeskenner en konsultant, wat al bykans ’n dekade in Amerika woon en werk.

Vier Suid-Afrikaanse bulle en twee koeie is aangewys as wêreldkampioene. Sedert 2012 het Suid-Afrika reeds 13 wêreldkampioene opgelewer. Volgens Budler is dit nie ’n ware weerspieëling van die bekwaamheid van Suid-Afrikaanse telers nie.

Suid-Afrika onderpresteer

“Suid-Afrikaanse telers is ware professionele operateurs. Hulle konsentreer primêr op funksionele doeltreffendheid en is goeie telers, voerders, voorbereiders en fotograwe. Ek meen die 13 goue medaljes uit die 132 wat Suid-Afrika sedert 2012 opgeraap het, is nie ’n ware weerspieëling van dit waartoe Suid-Afrikaanse telers werklik in staat is nie,” sê Budler.

Die enigste lande wat al meer wêreldkampioene as Suid-Afrika geteel het, is Kanada met 35 medaljes, Amerika met 34 medaljes en Argentinië met 23 medaljes.

“Ons het die kompetisie begin met die doel om wêreldwye bewustheid en internasionale kliëntewaarde tussen lande wat beeste produseer, te vestig. Die doel is uiteindelik om internasionale handel van teelmateriaal te bevorder,” sê Budler. Die opperste wêreldkampioen word elke jaar in Maart op die FarmFair International in Alberta, Kanada, aangekondig uit die vorige jaar se 32 wenners van goue medaljes (16 manlik en 16 vroulik) aangewys.

Die ses wenners

Die Simmentalerbul Milagro Premier ACM 16-44 van mnr. Andrew Masterson (082 321 1462) van Milagro-stoetery, die Wagyu-bul Virile L004 van me. Georgina Jeurissen (083 627 4567) van Rising Sun Wagyu-stoetery, die Charolais-bul Loumotta Shotgun ACA 16-23 van mnr. Dami Stemmett (083 264 1231) van Sumada Charolais-stoetery, die Beefmasterbul Mustang BOS 14-4134 van mnr. Derrick Louw (076 402 3414) van Khankankha Beefmaster-stoetery, die Simbra-koei Corzel CHD 15-58 van mnr. Cornelius Derksen (082 415 0515) van die Cornelius Derksen Trust en die Brahman-koei Lady Caramel WWH 15-899 van mnr. Willie Jacobs (083 631 6373) van W.J. Boerdery, het almal vanjaar goue medaljes gewen.

Die Wagyu-bul Al5 L004, wat deur me. Georgina Jeurissen van Rising Sun Wagyu-stoetery besit word, is aangewys as die wêreldkampioen-Wagyu-bul vir 2019. “Baie boere is verbaas om die gehalte van ’n goeie Wagyu-bul te sien. Buiten dat hierdie bul uitstekende teelwaardes aan Wagyu-stoettelers bied, kan Wagyu-bulle ook in enige kommersiële kudde baie waarde toevoeg,” sê Jeurissen.

Beoordelaars vir die kompetisie word van reg oor die wêreld genooi om die beeste aanlyn te beoordeel. Vyf Suid-Afrikaanse beoordelaars is in 2019 genooi om die beoordeling te doen. Hulle is mnre. Willie de Jager, Wayne Porter, Harley van Rhyn, Heinrich Bruwer en Andrew Masterson.

Stuur ’n e-pos aan Budler by pjbudler@cowgm.com vir nog inligting. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
20.18
-0.1%
Rand - Euro
17.59
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,666.29
+0.3%
Silwer
19.43
+2.1%
Palladium
2,187.00
+1.0%
Platinum
869.00
+0.5%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,387
0.0%
Alle aandele
63,698
-0.1%
Hulpbronne 10
60,697
+0.8%
Industriële 25
77,071
-0.4%
Finansiële 15
13,769
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dont do today what u can do tomorrow
Stap die myl Aandagafleibaar Wil nog leer kitesurf Mal oor golf en seil Gee mekaar spasie Friend for life Never doublecross
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot