
Luidens ’n inskrywing op Drakenstein-plaaswag se Facebookblad het die voorval op Vrydag 8 Julie plaasgevind. Die seun het vermoedelik sy balans verloor, van die bakkie se agterkant afgeval en met sy kop onder die sleepwa se wiel geland.
Die plaaswag se mediese vrywilligers was vinnig op die toneel, maar kon niks doen om sy lewe te red nie. Luidens die inskrywing het die lede van die plaaswag wat op die toneel was saam met die kind se ouers gebid om te vra “dat die hemel se poorte vir die jong siel oopgemaak word”.
“Hierdie tipe van vreeslike ongeluk en verlies van lewe het almal op die toneel aangeraak, die reageerders asook die plaaswerkers. Ons wens die familie baie sterkte toe en bied ons hartlike simpatie. Dit is nie vir ons om te vra hoekom dit gebeur het nie.”
Luidens die inskrywing was EMS Metro- en ER24-personeel vinnig op die toneel nadat die plaaswag hulle daarheen ontbied het.