AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Sewe vas na plaasaanvalle

Sewe vermeende plaasaanvallers is die naweek aangekeer ná twee plaasaanvalle wat in die Vrystaat en Limpopo plaasgevind het.

Sewe vermeende plaasaanvallers is die naweek aangekeer ná twee plaasaanvalle wat in die Vrystaat en Limpopo plaasgevind het.


Luidens ‘n verklaring is vier verdagtes Saterdagmiddag (18 September) in Gauteng aangekeer nadat ‘n boer en sy vrou op die plaas Grootvlei in die Parys-distrik vroeg Saterdagoggend aangeval is.


Sers. Christopher Mphoring sê die boer en sy vrou het geslaap toe vier mans by hul huis ingebreek en hulle aangeval het. Die mans het met verskeie items op die vlug geslaan.


“Die boer en sy vrou is erg aangerand, maar noodpersoneel het hulle op die plaas behandel en dit was nie nodig om hom in die hospitaal op te neem nie,” verduidelik Mphoring.


Almal ure later aangekeer

Vier mans, tussen die ouderdomme van 18 en 48 is deur die loop van Saterdagmiddag aangekeer. Die eerste verdagte is op ‘n plaaspad naby aan die plaas aangekeer terwyl hy brandstof in sy bakkie gegooi het. Ammunisie en die boer se vuurwapen is in sy besit gevind.


Kort daarna is ‘n 18 jarige man in Everton West aangekeer. Die egpaar se gesteelde voertuig is naby die plaas Wolwehoek gevind, terwyl nog ‘n wapen, wat op ‘n graf in die Sommersport begraafplaas in Sasolbrug versteek was, gevind is. Die ander verdagtes, 33 en 45 jaar oud, is kort hierna in die omgewing aangekeer. Al vier verdagtes sal vandag (20 September) in die hof verskyn.


‘n Aanval in Thabazimbi

Intussen het die gemeenskap van Thabazimbi in Limpopo met die Polisie saamgewerk om drie verdagtes op te spoor ná ‘n aanval op die plaas Rooibushbult. Luidens ‘n verklaring van die TLU SA Noord het die aanval vroegoggend op Donderdag (16 September) plaasgevind.


Mnr. Louis Mayer het geslaap toe die groep sowat 01:30 ‘n venster gebreek het om toegang tot die huis te verkry. Verskeie items is uit die huis gedra en in Mayer se voertuig gelaai. Die verdagtes het Mayer toe wakker gemaak en hom beveel om die kluis oop te sluit waaruit hulle glo nog wapens gesteel het. Hulle het Mayer in sy kamer toegesluit.


Die aanvallers is toe na die tweede huis op die werf, waar Mayer se dogter en ‘n vriend van die gesin geslaap het. Die vriend het wakker geword nadat die aanvallers aan die huis se deur geruk het. Hy het die deur oopgemaak met sy vuurwapen in hand, en die verdagtes het drie skote gevuur, maar hy is nie raakgeskiet nie. Die vriend het op die verdagtes geskiet, waarna hulle op die vlug geslaan het.


Gemeenskap, SAPD soek saam

Die gemeenskap en Polisie het binne ure na aanval na die verdagtes begin soek. Die eerste aanvaller is op die eerste dag na die aanval met behulp van spoorsnyers opgespoor. Sowat 60 mense het aan die soektog deelgeneem.


Nog twee aanvallers is op die tweede dag aangekeer nadat die gebied met helikopters en spoorsnyers fyngekam is. Die vierde aanvaller se identiteit is aan die Polisie bekend en hy word tans gesoek. Dit blyk of een van die verdagtes vroeër in Mayer se diens was.


Mnr. Jan Viljoen, voorsitter van die TLU SA Limpopo, sê hy is bly dat die aanvallers so spoedig opgespoor is, en dié samewerking is ‘n duidelike teken dat as gemeenskappe en die Polisie saamwerk, landelike geweld die hoof gebied kan word.


20 September 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+1.1%
Rand - Pond
22.30
+0.6%
Rand - Euro
19.71
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.16
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+1.0%
Platinum
982.42
-0.3%
Palladium
1,443.45
+0.1%
Goud
1,979.30
+0.5%
Silwer
23.02
+0.2%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,066
+0.4%
Alle aandele
75,585
+0.5%
Hulpbronne 10
65,190
-0.9%
Industriële 25
102,646
+0.9%
Finansiële 15
15,424
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot