
Altesaam sewe voerkrale se persele is vanoggend deur die Mededingingskommissie besoek oor die beweerde vasstelling van pryse.
Die kommissie het op 14 Junie 'n gelyktydige soektog- en beslagleggingsoperasie by 13 persele van sewe vleisverskaffers in drie provinsies uitgevoer. Dit is deel van 'n deurlopende ondersoek na die beweerde vasstelling van pryse en handelsvoorwaardes.
Luidens 'n nuusverklaring deur die Mededingingskommissie is dié 13 persele in Gauteng, die Vrystaat en Noord-Kaap. Dit is vleisverskaffers wat ook bekend staan ??as voerkrale. Hulle koop speenkalwers van boere om grootmaat af te rond ter voorbereiding vir die produksie van beesvleis. Hulle verkoop ook beesvleis aan groothandel- en kleinhandelkliënte.
Beweerde oortredings
Die kommissie ondersoek beweerde oortredings van die Mededingingswet by die volgende: Karan Beef, Sparta Foods, Chalmar Beef, Beefmaster Kimberley, Morgan Beef, Beefcor end Fabvleis.
Luidens die verklaring het dié vleisverskaffers na bewering 'n ooreenkoms aangegaan en /of was betrokke by gesamentlike praktyke om die pryse en handelsvoorwaardes vas te stel by die aankoop van speenkalwers. Na bewering het hulle 'n ooreenkoms om die pryse vas te stel waarteen hulle vleis aan groothandel- en kleinhandelkliënte verkoop.
Die kommissie sê die vleisbedryf vorm 'n belangrike deel van die voedselsektor, wat een van die voorrangsektore van die kommissie is. Die kommissie bly verbind tot sy strewe om samespanning in die voedselbedryf as geheel te beveg, aangesien hoër voedselpryse die mees kwesbare en arm huishoudings raak, wat 'n buitensporig hoë persentasie van hul inkomste aan kos spandeer.
Die deursoek- en beslagleggingsoperasie is uitgevoer nadat lasbriewe verkry is van die hooggeregshowe in Gauteng, die Noord-Kaap en die Vrystaat, ingevolge artikel 46 van die Mededingingswet.