AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Sihlobo optimisties oor landboumarkte ondanks onsekerhede

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Wandile Sihlobo. Foto: Jasper Raats
Mnr. Wandile Sihlobo. Foto: Jasper Raats
Wees gewaarsku, die wêreld se groot ekonomieë gaan volgende jaar nie vreeslike groei toon nie, meen mnr. Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom van die landbousakekamer Agbiz.

Wees gewaarsku, die wêreld se groot ekonomieë gaan volgende jaar nie vreeslike groei toon nie, meen mnr. Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom van die landbousakekamer Agbiz. Die goeie nuus is egter dat dit waarskynlik nie die pryse van landbouprodukte sal raak nie, selfs hoëwaardeprodukte soos makadamianeute.

Sihlobo was die hoofspreker op die Suid-Afrikaanse makadamiakwekersvereniging (Samac) se onlangse makadamiadag by Skukuza. Met die vooruitsig van ’n goeie oes vir 2022 ná twee jaar van kleiner opbrengste was dit goeie nuus vir die gehoor van meer as 300 kwekers, met nog soveel wat virtueel ingeskakel het. Alle aanduidings is dat Suid-Afrika in 2022 ’n rekordoes kan verwag.

Die vooruitsig op goeie somerreën is ook goed met ’n 60%-kans op ’n La Niña-weerverskynsel. Sihlobo het gesê hoewel hael ook ’n risiko word en insetkoste tans hoog is, verwag hy dat insetpryse in 2020 kan daal. Goedkoper verskepingskoste sal na verwagting ’n daling in kommoditeitspryse meebring.

Daar is egter rede tot kommer oor die maatskaplike impak wat die sukkelende ekonomie op Suid-Afrika kan hê en die maniere waarop die landbousektor kan deurloop. Sihlobo het gesê solank as wat mense swaarkry, gaan misdaad ’n saak van kommer bly. Boere sal hul sekuriteit moet opskerp.

Hy het die hoop uitgespreek dat ander probleme wat die landbousektor in die gesig staar, aangepak sal word. Hoewel die regering dit laat klink of hy erns wil maak met die nodige strukturele hervormings by staatsinstellings, moet dit nou gestalte neem.

Vir produsente van uitvoerprodukte is dit noodsaaklik dat Transnet so gou moontlik reggeruk word met die land se hawens as prioriteit, private deelname aan energie-opwekking moet koers kry en daar moet dringend herbou en opgeknap word aan Suid-Afrika se infrastruktuur.

Suid-Afrika gaan teen 2030 na verwagting 51% meer vrugte hê as wat tans geproduseer word. Om dit uit te voer, sal die land hawe-kapasiteit nodig hê wat optimaal funksioneer.

Sihlobo het gesê hoewel beleidsonsekerheid oor kwessies soos onteiening steeds beleggersvertroue in die landbousektor skaad, kan dinge tydens die volgende ANC-konferensie anders lyk. Hy vermoed die party kan resolusies wat tydens sy 2017-konferensie geneem is, heroorweeg.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.97
-1.1%
Rand - Pond
20.03
+0.5%
Rand - Euro
17.60
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.49
+0.5%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,707.35
-0.5%
Silwer
20.44
-1.0%
Palladium
2,265.00
+0.3%
Platinum
922.50
+0.0%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot