AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sisteem bied inligting vir Zimbabwiërs

’n Media-organisasie reken hulle het die antwoord om Zimbabwiërs te help om toegang te kry tot noodsaaklike inligting wat deur die regering weerhou word.

’n Media-organisasie reken hulle het die antwoord om die mense van Zimbabwe te help om toegang te kry tot noodsaaklike inligting wat deur hul regering van hulle weerhou word.


Me. Brenda Burnell, die hoof van Kubatana, ’n media-organisasie in Zimbabwe, sê hulle het die plan vir die Freedom Fone bedink in ’n poging om die land se inwoners toegang tot inligting te bied sonder dat hulle deur die regering ingeperk word.


“Daar is geen gelisensieerde radiostasie in Zimbabwe nie. Alle joernaliste moet hulself registreer en kan dus maklik vervolg word. Met dié stelsel gee ons aan radiostasies ’n manier om hul inligting oor te dra sonder dat iemand noodwendig in gevaar gestel word.


"Ons is naturlik wel al deur die staat toegemaak, maar ons kon op die ou end daarin slaag om die diensverskaffer te oorreed om die stelsel weer vir ons oop te stel.”


Burnel het die projek, wat met die samewerking van Deutsche Welle, ’n Duitse uitsaaimaatskappy bedryf word, Dinsdag (21 Junie) tydens die Global Media Forum in Bonn aan kongresgangers bekend gestel.

 

Lees hier en hier meer oor verwikkelinge by dié kongres.


Hoe werk dit

Die sisteem gebruik SMS’e en ’n IVR-stelsel, wat soos ’n telefoon se outomatiese antwoorddiens is, om inligting te versprei en beskikbaar te stel. Burnel sê die sagteware vir die stelsel word tans gratis versprei.


Sodra die stelsel heeltemal in werking is, sal gebruikers byvoorbeeld kan inbel en tussen verskeie opsies kan kies om byvoorbeeld na nuushooftrekke of inligting oor cholera te luister.

 

Die stelsel is vroeër, tydens ’n ernstige uitbreking van cholera in Zimbabwe, drie maande lank gebruik om landsburgers in te lig oor simptome en waar hulle hulp kan kry.


Dit is op ’n telefoonstelsel gebaseer, aangesien sowat 6 miljoen van die land se 11 miljoen mense toegang tot ’n selfoonkontrak het, terwyl net 5% van die bevolking toegang tot die internet het.

 

Volgens beplanning sal die stelsel ook na ander Afrika-lande, soos Tanzanië, uitgebrei word omdat die jongste inligting aandui dat tot 60% van die kontinent se bevolking ’n selfoon besit. Die stelsel word ook reeds deur Voice of the Cape, ’n gemeenskapsradiostasie in Kaapstad, gebruik.

 

Vir landbou? 

Burnel sê hoewel nog geen landbou-organisasie hulle al gekontak het om die stelsel te gebruik nie, kan dit tot so ’n organisasie se voordeel strek.


“Hulle kan só inligting aan hul lede oordra, en as daar geweld op plase sou plaasvind of afsettings sou voorkom, sal dit die organisasie in staat stel om met sy lede te kommunikeer.”

 

Vir meer inligting oor die stelsel, besoek www.freedomfone.org.

 

22 Junie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot