AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

‘Sit sonpanele op,’ vra Godongwana

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Enoch Godongwana. Foto: GCIS
Mnr. Enoch Godongwana. Foto: GCIS
Sonpanele op jou huis se dak beteken straks meer kontant in die sak.

Die regering wil huishoudings aanspoor om sonpanele op wonings se dakke te installeer om sodoende te help om die kragtekort te verlig.

Vanjaar se begroting bring daarom goeie nuus vir individue wat binnekort 25% van belasbare inkomste kan aftrek wanneer sonpanele by wonings opgesit word. Besighede se belastingvoordele vir hernubare energieprojekte word ook uitgebrei.

Mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, het Woensdag aangekondig die huidige belastingaansporing vir beleggings in hernubare energieprojekte word tydelik uitgebrei as deel van die regering se planne om die energiekrisis te verlig.

Belastingverligting vir skoner kragverskaffing

Die 2023-begroting maak dus voorsiening vir ’n totaal van R13 miljard in belastingverligting om die oorgang na skoon energie te ondersteun, kragvoorsiening te verhoog en die impak van die aanhoudende styging in die brandstofpryse te beperk.

Van die R13 miljard word R4 miljard se belastingverligting toegewys aan individue wat sonpanele installeer, en R5 miljard aan maatskappye deur die tydelike uitbreiding van die huidige belastingaansporing vir hernubare energieprojekte. Die regering sal voorts lenings wat klein- en mediumondernemings vir sonpaneelprojekte benodig, waarborg. 

Veranderings wat vanaf 1 Maart tot en met 28 Februarie 2025 sal geld, is as volg:

Vir besighede

  • Besighede kan nou eis vir ’n 125%-aftrekking in die eerste jaar vir alle hernubare energieprojekte met geen perk op opwekkingskapasiteit nie.
  • Dié aanpassing geld egter slegs vir beleggings wat in gebruik geneem word vanaf 1 Maart 2023 tot 28 Februarie 2025.
  • Vir ondernemings met ’n positiewe belasbare inkomste sal die aftrekking ’n vermindering in belastingaanspreeklikheid meebring.
  • Hierdie aansporing sal vir twee jaar beskikbaar wees om beleggings op kort termyn aan te moedig.

’n Hernubare energiebelegging van byvoorbeeld R1 miljoen kwalifiseer onder die nuwe aanpassing vir ’n aftrekking van R1,25 miljoen. Dit kan die korporatiewe inkomstebelasting wat ’n maatskappy volgens die huidige koers moet betaal, oor die eerste jaar tot R337 500 verminder.

Die huidige aansporing laat besighede toe om die koste van beleggings wat daarvoor in aanmerking kom, oor ’n tydperk van een jaar óf drie jaar af te trek en sodoende ’n voordeel in kontantvloei, veral aan die begin jare van hernubare energieprojekte, skep.

Op die oomblik kan besighede 50% aftrek van die koste in die eerste jaar aangegaan, 30% in die tweede jaar en 20% in die derde jaar. Dit geld beleggings in windkrag, gekonsentreerde sonkrag, hidrokrag onder 30 MW, en biomassa- en sonpaneelprojekte groter as 1 MW.

Beleggers in sonpaneelprojekte minder as 1 MW kan tot dusver 100% van die koste gedurende die eerste jaar aftrek.

Vir individue

  • Individue sal nou vir ’n rabat van 25% van die koste van enige nuwe en ongebruikte sonpanele in aanmerking kom tot ’n maksimum van R15 000 per individu. Dié aansporing kan ingespan wanneer individue se persoonlike belasting vir die 2023-’24 belastingjaar bereken word.

’n Persoon wat byvoorbeeld 10 sonpanele teen R40 000 koop, kan sy of haar persoonlike belasting vir die 2023’-24 belastingjaar met R10 000 verminder.

  • Dit is egter slegs op toepassing vir sonpanele en geld dus nie vir batterye en wisselrigters nie.
  • Om hiervoor in aanmerking te kom moet die sonpanele aangekoop en by private wonings geïnstalleer word.
  • ’n Sertifikaat van voldoening vir die installasie moet ook vanaf 1 Maart 2023 tot 29 Februarie 2024 uitgereik word.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.42
+0.6%
Rand - Pond
22.58
+0.3%
Rand - Euro
19.86
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.4%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Platinum
986.63
+1.5%
Palladium
1,404.92
-0.1%
Goud
1,940.16
-0.0%
Silwer
22.34
-0.3%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,628
+1.2%
Alle aandele
75,085
+1.1%
Hulpbronne 10
65,432
-0.4%
Industriële 25
101,440
+1.6%
Finansiële 15
15,349
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Kom ons vat 'n Kans
Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot