Teen daardie tyd het die plaaslike bedryf egter reeds R200 miljoen skade gely.
Die omstrede reël, wat kouebehandeling teen valskodlingmot vir Suid-Afrikaanse lemoene vereis, is skielik deur die EU in werking gestel, terwyl sowat 1 350 vraghouers Suid-Afrikaanse sitrus ter see op pad was Europa toe.
Volgens die SKV is meer as 2 000 vraghouers sitrus ter waarde van meer as R500 miljoen met hul aankoms by die hawens teruggehou.