AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9016
-76,00
CORN
04 Okt
-
4807
-79,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Sitrus: Verskeping groot kopseer aan einde van seisoen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Kuberaanval op Transnet se rekenaarstelsel het die Durban-
hawe en alle ander hawens lamgelê. FOTO: ROBYN JOUBERT
’n Kuberaanval op Transnet se rekenaarstelsel het die Durban- hawe en alle ander hawens lamgelê. FOTO: ROBYN JOUBERT
Hoewel die sitrusseisoen einde se kant toe staan, is daar steeds groot hoeveelhede vrugte in Suid-Afrikaanse hawens wat hul weg moet vind na Oosterse markte en Rusland, sê mnr. Hannes de Waal, ondervoorsitter van die Suider-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging.

“Die kwessie vanjaar is die beskikbaarheid van verskepingskapasiteit. Dit raak bykans onmoontlik om ’n houer na die Verre en Midde-Ooste uit te kry, en die vrugte wat jy nou pak, gaan eers oor twee weke verskeep word.”

Volgens De Waal is die afsnytydgleuf na Europa vanjaar verleng na week 37, waar dit gewoonlik al teen week 36 sluit, weens die moeilike seisoen en omdat die seisoen twee weke later as gewoonlik is.

Lande in die Noordelike Halfrond, soos Spanje, Turkye en Egipte, se seisoen begin nou, “en dit is groot name met wie ons meeding”.

Die verskepingsvertragings is weens die nagevolge van die covid-19-pandemie en herstel in handel, met alle vraghouers en verkoelde vraghouers wat tans opgeneem word in die Oos-Wes-handelsroete tussen China, Amerika en Europa.

Die siklus is verder vertraag weens die opstande in KwaZulu-Natal en Gauteng, “wat ’n groot ontwrigting was vir noordelike produsente”.

‘Oponthoude gaan seermaak’

Die vertraging het uitgekring na die hawens in Kaapstad en Gqberha. Die daaropvolgende kuberaanval op Transnet het sake verder vererger. “Die oponthoude was iets verskriklik in die afgelope seisoen en dit gaan ons seermaak.”

Van die produsente het van twee weke tot ’n maand produksie op hul plase verloor, na gelang van waar hulle boer.

Die probleme is vererger weens lae doeltreffendheid by Transnet se hawens en die agterstand met onderhoud van infrastruktuur. Die groei wat tans in uitvoerbedrywe soos sitrus en ander vrugtebedrywe gesien word, gaan nie gepaard met wat in die houerterminale gesien word nie, maar De Waal glo die regering is bewus van die probleme.

De Waal hoop dat die regering se uitnodigings aan die private sektor vir beleggings in die Transnet nasionale haweowerheid sal vrugte afwerp

Hy sê daar word nou hard gewerk om verskepingsgeleenthede te kry vir vrugte wat reeds verpak is, met ’n klein hoeveelheid vrugte wat nog verpak moet word.

Produsente se inkomste sal na verwagting vanjaar kleiner wees as verlede jaar, al is groter volumes geproduseer. Benewens laer pryse weens die oponthoude, is verskepingskoste ongeveer ’n derde hoër, met aanduidings dat dit nog kan styg. Die sterker rand oor die grootste deel van die seisoen het pryse verder afgedruk.

Toekoms

De Waal is egter optimisties oor die vooruitsigte vir komende seisoene.

“Suid-Afrika produseer vrugte van ’n baie hoë gehalte en ons maak ’n indruk reg oor die wêreld waar ons lewer.”

Hy is veral optimisties oor die vooruitsig van suurlemoen-uitvoer na China, veral vanuit die Sondagsriviervallei, nadat ’n verandering in die protokol vir suurlemoen-uitvoer vroeër vanjaar aangekondig is.

“Na my mening is hierdie vallei die beste plek ter wêreld om suurlemoene te produseer en dit is ’n mark waarin dit makliker gaan word om ’n groter volume suurlemoene te bemark.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.74
+0.6%
Rand - Pond
20.13
+0.3%
Rand - Euro
17.56
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.9%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,710.88
+0.7%
Silwer
20.89
+0.9%
Palladium
2,277.50
+2.4%
Platinum
916.00
+1.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,314
+2.5%
Alle aandele
65,779
+2.4%
Hulpbronne 10
63,759
+3.4%
Industriële 25
79,487
+2.5%
Finansiële 15
13,972
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek....
Eks n kind van God. Eerlik, opreg en vriendelik. Het 2 kinders wat alles beteken vir my. Hou van motorsport, kamp en buitelug. Waardes en lojaliteit baie belangrik asook...
Hierdie suikerbosie Wil saam jou Onder sterre en maanlig wees
My hart is opreg en ook net opsoek Na my Boer my baby Ek het waardes en my grootste trots is dat God my God is s
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot