AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Sitrusbedryf pas by buitengewone omstandighede aan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Transnet se Durban-houerterminale het ’n grootmaat-spoorlaaistelsel by twee van die Durbanhawe se landingshowe ingestel. Dit is bedoel om bestaande logistieke probleme vir die uitvoer van Suid-Afrikaanse sitrus te verminder en die proses te versnel. Foto: Verskaf
Transnet se Durban-houerterminale het ’n grootmaat-spoorlaaistelsel by twee van die Durbanhawe se landingshowe ingestel. Dit is bedoel om bestaande logistieke probleme vir die uitvoer van Suid-Afrikaanse sitrus te verminder en die proses te versnel. Foto: Verskaf
Suid-Afrika se sitrusbedryf is bekend daarom dat hy aanpasbaar is om probleme in die waardeketting te bowe probeer kom.

Die bedryf het in die eerste twee maande van vanjaar se oes-, pak- en verskepingstyd reeds talle probleme ervaar. Die land se sitrusproduksie word vanjaar op altesaam 168,19 miljoen kartonhouers (15 kilogram elk) geskat en dit is dus noodsaaklik dat die waardeketting so glad moontlik funksioneer. Verlede jaar het Suid-Afrika altesaam 161,18 miljoen kartonhouers sitrus geoes.

Luidens ’n verklaring wat onlangs uitgereik is deur Transnet-haweterminale (TPT), wat verantwoordelik is vir die op- en aflaai van vrag by Suid-Afrika se sewe kommersiële hawens, het die Durbanhawe se houerterminale (DCT) ’n grootmaat-spoorlaaistelsel ingestel vir sitrus wat by landingshowe 1 en 2 vir uitvoer afgelewer word.

Dit is in reaksie op die talle probleme wat Suid-Afrika se sitrusbedryf tot dusver vanjaar gehad het om verkoelde vragmotors en vraghouers te verseker, asook die probleme en ontwrigtings by die Durbanhawe ná die oorstomings in April vanjaar.

Volgens ’n verslag van 3 Junie 2022 deur mnr Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Suider-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (SASKV), het hierdie en ander faktore daartoe gelei dat sitrusverpakking en -verskeping vertraag is. In hierdie stadium is 19,1 miljoen kartonhouers sitrus tot dusver hierdie seisoen verskeep, vergeleke met 26,1 miljoen kartonhouers in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Luidens TPT se verklaring is die doel van die grootmaat-spoorlaaistelsel in die Durbanhawe om sitrusuitvoer daarvandaan te help bespoedig.

“Die suksesvolle bekendstelling van ’n temperatuurbeheerde koeltrein na landingshoof 2 vroeër vandeesmaand was die grondslag om logistieke diensverskaffers van sitrusuitvoerders te oortuig om van die stelsel gebruik te maak. Een trein met 50 koelwaens het nou 53 padvragmotors vervang wat voorheen op verskillende tye van die dag by die terminale aangekom het as 53 afsonderlike transaksies.”

Verder het TPT 206 bykomende verkoelde houers by sy KwaZulu-Natalse en Oos-Kaapse houerterminale tot die einde van die 2022-sitrusseisoen gekontrakteer.

’n Verteenwoordiger van die SASKV wat anoniem wou bly, het gesê die vereniging sal eers kommentaar kan lewer oor die DCT se grootmaat-spoorlaaistelsel vir sitrus sodra hy self die stelsel kon bekyk. 

Virtuele toer

In ’n verslag op 10 Junie het Chadwick gesê met die covid-19-pandemie wat steeds probleme vir internasionale vervoer vir baie mense veroorsaak, het die Suid-Afrikaanse en Chinese regeringsamptenare wat verantwoordelik is om te verseker dat fitosanitêre protokolle vir die uitvoer van Suid-Afrikaanse sitrus na China nagekom word, met ’n vernuftige alternatief vorendag gekom.

Volgens die plan kan Chinese owerhede in Beijing virtueel saam met ’n filmspan, Suid-Afrikaanse sitruskwekers, hul pakhuisverteenwoordigers en amptenare van die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling ’n omvattende toer deur die plaaslike sitrusfasiliteite neem. ’n Opgeleide tolk stuur inligting en vrae heen en weer tussen die Suid-Afrikaanse en Chinese verteenwoordigers.

“Hierdie virtuele toer is nie ’n eenvoudige taak nie. In baie dele van Suid-Afrika se sitrusbedryf is internetseine swak, wat vertragings kan veroorsaak. Soms word die sein tydens die regstreekse virtuele ondersoek onderbreek. Hoewel dit ’n duur oefening is, moet dit egter gedoen word, anders sal die lys boorde wat deur die departement goedgekeur word, nie deur die Chinese afgeteken word nie,” het Chadwick gesê.

Luidens ’n verklaring wat deur die departement van openbare ondernemings uitgereik is, prys minister Pravin Gordhan Transnet vir die “beduidende vordering” wat gemaak is met die herstel van vloedbeskadigde spoor- en hawe-infrastruktuur en werksaamhede na, van en in die Durbanhawe. Hierdie pogings het glo gelei tot die hervatting van Transnet-spoorvrag se houerkorridor tussen Durban en Cato Ridge, al is dit tans op ’n enkele lyn. Transnet se nasionale hawe-owerheid het glo ook sleuteltoegangspaaie herstel en heropen vir vrag wat die Durbanhawe binnekom of verlaat.

“Die herstel van die skade wat deur die oorstromings in KwaZulu-Natal aangerig is, sal uitvoerders en invoerders wat die Durbanhawe gebruik, in staat stel om terug te keer na normaliteit. Transnet sal poog om te verseker dat alle skeepsrederye voortgaan om die Durbanhawe te bedien,” luidens die verklaring.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.29
+0.5%
Rand - Euro
19.66
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.5%
Platinum
954.43
-0.6%
Palladium
1,435.63
+1.3%
Goud
1,963.48
-0.5%
Silwer
23.19
-0.6%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,875
+0.6%
Alle aandele
76,462
+0.6%
Hulpbronne 10
66,562
+0.2%
Industriële 25
103,396
+1.0%
Finansiële 15
15,619
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot