AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Sitrusmaatskappy vorder met SEB

'n Lusernplaas is deur 'n sitrusmaatskappy aan die Sondagsrivier-boerderytrust (SRFT) oorgedra.

‘n Lusernplaas van 117 hektaar by Addo is deur die die Sondagsrivier Sitrusmaatskappy (SRCC) aan die Sondagsrivier-boerderytrust (SRFT) oorgedra. Daarmee beweeg die SRCC ’n tree nader aan sy doelwit dat 30% van sy boere ontluikende boere moet wees.

Hoewel daar nog nie ’n boom geplant is op die plaas wat vir R11 miljoen aangekoop is nie, is die oogmerk om Eurekasuurlemoene daar te vestig wat binne vyf jaar in produksie behoort te kom. SRCC het in 2007 die trust gestig waardeur 33 plaaswerkers die begunstigdes geword het van ’n sitrusboerdery op vier verskillende plase (Willow Tree, Siyatemba, Glengrove en Eendracht).

Die trust huur ook ’n plaas van die Departement van Grondsake en Landelike Ontwikkeling. Die groep het sedert 2008 jaarliks van hul inkomste gespaar, wat hulle in staat gestel het om R7 miljoen kontant vir die nuwe plaas te betaal. Die res van die koopsom is in die vorm van ’n lening deur SRCC toegestaan.

Ontwikkelingswerk nodig
Tydens die oorhandigingseremonie het me. Buyiswa Ndyenga, hoof-assistentplaasbestuurder van die SRFT, ’n emosionele pleidooi gelewer dat die departement dit moet oorweeg om die sitrusplaas wat hulle tans huur, aan hulle te verkoop of dit vir minstens 25 jaar te verhuur sodat hulle die nodige ontwikkelingswerk daar kan doen.

Mnr. Vusi Mahlamgu, adjunk-direkteur- generaal van die departement, het gesê daar is wegbeweeg van die beginsel om bloot hektare grond aan te koop. Die departement konsentreer nou op produktiewe grond om die grondhervormingsdoelwitte te bereik.

Hy het die betrokke projek bestempel as ’n goeie voorbeeld waar kennis uitgeruil word en die begunstigdes gemotiveerd is om hulself op te hef. Mnr. Ken Niewenhuizen, besturende direkteur van die SRCC, het gesê sy maatskappy se doelwitte betreffende swart ekonomiese bemagtiging is in ooreenstemming met dié van die departement.

“Hoewel net sowat 10% van die maatskappy se aandele in die vorm van pakregte tans in swart hande is, is daar geen plafon nie. Ons sal die hele pad met die bevoordeeldes saamloop om te verseker dat die nuwe plaas tot sy volle potensiaal ontwikkel word,” het hy bygevoeg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.67
-0.2%
Rand - Pond
20.22
+0.0%
Rand - Euro
17.62
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,721.27
-0.3%
Silwer
20.86
-1.0%
Palladium
2,304.00
-0.8%
Platinum
927.00
-0.7%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,840
0.0%
Alle aandele
66,313
0.0%
Hulpbronne 10
64,568
0.0%
Industriële 25
80,073
0.0%
Finansiële 15
14,053
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot