AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6607
0,00
CORN
19 Okt
-
3077
-8,00
SOYA
19 Okt
-
7170
-35,00
SUNS
19 Okt
-
10812
162,00
WEAT
19 Okt
-
5730
-12,00
WMAZ
19 Okt
-
3177
-23,00
YMAZ
19 Okt
-
3339,8
-16,20
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Situsboere moet ligloop vir EU se Mancozeb-verbod

akkreditasie
Die verbod op die gebruik van Mancozeb in die EU en die gevolglike hersiening van die maksimum residuvlakke van die middel in vrugte wat daarheen uitgevoer word, kan moontlik moeilikheid vir die sitrusprodusente tot gevolg hê. Foto: Johan Coetsee
Die verbod op die gebruik van Mancozeb in die EU en die gevolglike hersiening van die maksimum residuvlakke van die middel in vrugte wat daarheen uitgevoer word, kan moontlik moeilikheid vir die sitrusprodusente tot gevolg hê. Foto: Johan Coetsee
As die Europese Unie (EU) strenger begin optree teen Manozeb-residuvlakke kan die bekamping van swartvlek in Suid-Afrika ’n groter probleem raak as wat dit reeds is.

Mancozeb (reg.nr. L3781, Wet 36 van 1947) is ’n breëspektrumswamdoder wat in 1948 in Amerika ontwikkel is. Dit is sedert die begin van 2021 in die EU verbied weens vrese oor gesondheidsrisiko’s. Geen teken bestaan egter dat die gebruik daarvan in Suid-Afrika in gevaar is nie, sê dr. Gerhard Verdoorn, bedryfsbestuurder by CropLife SA.

“Net omdat die EU die produk verbied het, beteken dit nie Suid-Afrikaners mag dit nie gebruik nie. Sitrusboere sal egter moet ligloop met uitvoervrugte. Die fitosanitêre reëls in die EU vereis dat sitrus swartvlekvry moet wees, maar die strobulirien-swamdoders (waarmee swartvlek bekamp word) se etikette dui almal aan dat dit met Mancozeb ondersteun moet word.”

Mancozeb-gebruik in EU verbied

Op 28 Desember 2020 het die EU se gesondheids-en-voedselveiligheidsowerheid besluit om Mancozeb van 4 Januarie 2021 af in Europa te verbied. Me. Stella Kyriakides, die EU se kommissaris vir gesondheid en voedselveiligheid, sê dat ’n wetenskaplike ondersoek van die owerheid gevind het dat daar vir mense wesenlike gesondheidsrisiko’s aan Mancozeb verbonde is en daarom word dit verbied.

Hoewel plaaslike produsente dus steeds Mancozeb sal mag gebruik, gaan hulle hul moontlik vasloop teen die EU wat die middel wil verbied en dus strenger maksimumresiduvlakke (MRL) instel, meen Verdoorn. “Dit kan wees dat die EU wel ’n bepaalde MRL vir Mancozeb sal handhaaf en dat boere wel die produk mag gebruik in spuitprogramme, maar dit sal eers duidelik word nadat die EU finaal besluit het.” Mancozeb is ook vir die bekamping van Phytophthora by sitrus geregistreer.

Aartappelboere ook geraak

Groenteprodusente is ook baie afhanklik van die Mancozeb, veral aartappelprodusente wat dit gebruik om Phytophthora infestans te bekamp.

In Kanada, volgens die nuusbrief Potatoes in Canada, word die gebruik van Mancozeb streng beheer en is aartappelprodusente daar bekommerd omdat die alternatiewe produkte baie duurder is en nie noodwendig so doeltreffend soos Mancozeb is nie. Dié produsente is ook bekommerd oor veral Phytophthora infestans se weerstand teen ander produkte.

Volgens prof. Jacquie van der Waals, medeprofessor in plantpatologie aan die departement van grond- en plantkunde aan die Universiteit van Pretoria, is weerstandbiedendheid nie ’n kwessie op plaaslike bodem nie. Net een tipe Phytophthora infestans (paar-tipe A1) kom in Suid-Afrika voor, terwyl twee tipes (A1 en A2) in die meeste ander dele voorkom. Die twee tipes kan genetiese eienskappe uitruil, wat weerstandbiedendheid aanwakker.

Nuwe produkte kos tot 5 jaar

Sy sê dit kan nog ’n dekade duur voor Mancozeb in Suid-Afrika uitgefaseer word, maar plaaslike produsente moet vroegtydig na alternatiewe soek sodat hulle nie onkant betrap word as hulle nie meer die produk mag gebruik nie. Die registrasieproses van nuwe produkte kan twee tot vyf jaar duur.

UPL, die multinasionale landbouchemiese maatskappy, vervaardig ongeveer 70% van die wêreld se Mancozeb en sy aanlegte is hoofsaaklik in Indië. Tans probeer UPL saam met Indofil, ’n ander multinasionale maatskappy wat Mancozeb vervaardig, om te verseker dat produsente in Brittanje steeds die produk mag gebruik. Op dié stadium is daar geen aanduiding dat die produksie van Mancozeb deur die ontwikkelinge in die EU beïnvloed sal word nie.

Alle lidlande van die EU is aangesê om enige magtiging of goedkeuring van die gebruik van Mancozeb op te skort en boere is tot 4 Januarie 2022 gegee om enige voorraad van die gewilde swamdoder te gebruik.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.57
+0.7%
Rand - Pond
20.08
+0.1%
Rand - Euro
16.98
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,779.33
+0.8%
Silwer
23.71
+2.2%
Palladium
2,083.00
+2.9%
Platinum
1,052.83
+1.5%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
+0.6%
Alle aandele
66,912
+0.6%
Hulpbronne 10
64,002
+1.1%
Industriële 25
84,631
+0.5%
Finansiële 15
13,990
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
1Korinthiers 13
Ek is glad nie jaloers of clingy nie, maar moenie my n rede glo nie die seding is as volg: as daar n romie is is daar n vuur, so as ek vernoed jy hou jou opsies oop sal ek...
Vrede begin met n glimlag
Ek is n ma en n ouma van 2 my grootste liefde, ek is n mense mens baie lief vir lek lag kuier met vriende en familie. Gee baie om vir my mede mens lief vir kos maak en dans is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot