AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Skaars plantspesie bewaar

Die Noordwes-Universiteit se botaniese tuine in Potchefstroom is die trotse bewaarders van ‘n bedreigde plantspesie.

Die Noordwes-Universiteit se botaniese tuine in Potchefstroom is die trotse bewaarders van ‘n bedreigde plantspesie. Luidens ‘n verklaring is die Prototulbaghia siebertii slegs op ‘n paar vierkante meter in die wêreld te vind. Dit is deel van die knoffelfamilie.


Dit is vernoem na prof. Stefan Siebert, ‘n dosent in plantkunde aan die universiteit. Dit is vroeër in die Leolo-bergreeks in Limpopo gevind en is sedertdien by die botaniese tuin gekweek en versorg.


Nuwe spesie en genus

Volgens Siebert is dié ‘n nuwe spesie en ‘n splinternuwe genus van knoffelplante. “Ons weet nog nie veel van dié plant nie, omdat dit ‘n baie geïsoleerde spesie is. Genetiese navorsing word tans in Europa gedoen om die plant se presiese plek binne die knoffelfamilie te bepaal.”


Mnr. Martin Smit, die kurator van die tuine, sê hulle is verbaas dat die plant so goed in hulle kweek- en navorsingsplanthuis aard: “Hulle floreer letterlik en maak sommer aanhoudend nuwe blomme en sade, wat ons kan oes en bewaar om die voortbestaan van die plant te verseker.

"Ons het intussen van dié plante en sade na verskeie botaniese tuine wêreldwyd gestuur en ook ons kennis oor tegnieke vir suksesvolle kweking gedeel, sodat hulle ook die spesie kan help bewaar.”


Bewaring

Mnr. Erich van Wyk, ‘n oud-Puk wat  werksaam is by die Suid-Afrikaanse Nasional Biodiversiteitsinstituut (SANBI) en ook koördineerder van die Millenium-Saadbank in Suid-Afrika is, het onlangs die tuin besoek om die plant se sade vir bewaringsdoeleindes te kry.

Volgens van Wyk is hulle deur die Royal Botanic Gardens in Kew, Engeland genader om van die sade te oes en dit in Engeland te gaan bewaar.


24 Februarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot