
Die ontginning van skaliegas hou rampspoedige gevolge vir Suid-Afrika se watervoorraad in, sê die World Wildlife Fund for Nature (WWF).
Luidens ’n berig op Timeslive sê die WWF die eksplorasie van skaliegas in die Karoo gaan die sosiale struktuur van dié brose omgewing ontwrig. “Niemand weet wat hoe die ongunstige gevolge daarvan gehanteer gaan word nie,” lui die berig.
Die WWF het dié verklaring uitgereik ná die staatsrede waarin pres. Jacob Zuma gesê het die ontginning van skaliegas gaan ‘n spelbreker vir Suid-Afrika wees. Die WWF sê dit sal beslis ’n spelbreker wees, maar dat ’n skuif sal plaasvind van ‘n ekonomie wat deur energie gepootjie word tot ’n ekonomie wat deur water gestrem word.
* In ’n debat oor die ontginning van skaliegas op die radiostasie SAfm, het 64% van die mense wat daarna geluister het, saamgestem dat skaliegas Suid-Afrika se watervoorraad bedreig.
Bronne:
SAfm