Die gelykheidshof het mnr. Julius Malema met ‘n kostebevel in die Skiet die boer-saak gestraf, sê AfriForum.
Luidens ‘n verklaring het die hof Malema op Woensdag, 19 Januarie 2011, gestraf omdat hy glo versuim het om ‘n verweerskrif op die datum soos wat die hof gelas het, af te lewer.
Die verweerskrif moes teen 30 November 2010 afgelewer geword het, maar volgens AfriForum – wat die saak teen Malema ingestel het – het hy ten spyte van verskeie vermanings versuim om dit te doen.
Drie dae
Regter Colin Lamont het Woensdag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg gelas dat Malema sy verweerskrif binne drie dae moet aflewer, én dat hy die regskostes wat AfriForum vir dié kwessie moes aangaan, moet betaal.
Mnr. Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, sê hy hoop dat Malema hiermee die boodskap kry dat hy nie bo die reg verhewe is nie. Die verhoor teen Malema sal op 11 April 2011 begin - met of sonder sy verweerskrif.
Die organisasie het verlede jaar, na Malema die by verskeie geleenthede gesing het, die saak aanhangig gemaak. Sowat 44 000 persone steun reeds die organsiasie se Stop Malema-veldtog.
19 Januarie 2011