AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Skokgolwe oor Manny da Costa se afsterwe

Die skielike dood van mnr. Manny da Costa het skokgolwe deur landbougeledere gestuur.

Die skielike dood van mnr. Manuel da Costa (65), boer en landbouleier van Nigel, het skokgolwe deur landboukringe gestuur en boodskappe van meegevoel laat instroom.

Da Costa, of Manny, soos hy bekend was, is Woensdag, (25 Januarie) op slag gedood in ’n motorongeluk tussen sy woonplaas by Nigel en een van sy ander plase by Balmoral. Mnr. Kallie Schoeman van Delmas, wat naby hom boer, sê hy het vermoedelik beheer oor sy voertuig op die N12-hoofweg verloor. Dit het verskeie kere omgeslaan volgens ’n video wat vanuit ’n vragmotor wat agter hom gery het, geneem is.

Manny het sedert 1970 geboer en hy en sy broer, Johnny, het die boerdery Manjoh Ranch oor dekades opgebou tot ’n omvangryke besigheid wat die verbouing van mielies, sojabone droëbone en aartappels, asook ’n Beefmasterstoetery waarin hulle ’n vennoot was, ’n beesvoerkraal, verpakkingsaanleg en graanmeule insluit. Manny se seuns, Tony en André, is ook direkteure.

Manny en Johnny was in 2003 Graan SA (GSA) se Graanprodusent van die Jaar en in 2008 ’n finalis vir SA Boer van die Jaar. Manny was vir jare ’n hoofbestuurslid van GSA en raadslid van die Beefmastertelersgenootskap.

Mnr. Jaco Minnaar, voorsitter van GSA, het sy skok oor Manny se dood uitgespreek en gesê die landbou het ’n waardevolle ambassadeur verloor. Manny was nog baie betrokke by GSA se jaarlikse Nampo-oesdag, waar hy een van die vriendelike mense was wat eregaste verwelkom het.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot