AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Skokkende boek oor plaasaanvalle

’n Skokkende boek wat hulde bring aan slagoffers van plaasaanvalle in Suid-Afrika, is Woensdag in Pretoria bekend gestel.

Treurgrond, ’n skokkende boek wat hulde bring aan slagoffers van plaasaanvalle in Suid-Afrika, is Woensdag (24 Augustus) in Pretoria bekend gestel.


Dr. Dirk Hermann, wat die boek saam met maj. Chris van Zyl saamgestel het, sê die boek handel oor plaasaanvalle wat die afgelope 20 jaar plaasgevind het.


Dit vertel die verhaal van 1 363 moorde wat tydens 2 617 aanvalle op plase en kleinhoewes gepleeg het. Dié statistieke is gegrond op voorvalle wat die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) oor dié tydperk aangeteken het.


Volgens Hermann maak die boek nie daarop aanspraak dat elke voorval wat plaasgevind het, daarin opgeteken is nie.


“Ek kry talle oproepe van mense wat bel en vra ‘is ons storie ook daarin geskryf?’ en dan is dit nie. Dít is deel van die hartseer dat plaasmoorde en -aanvalle nie meer aangeteken word nie.”


Dispute is rede?

Volgens Hermann wys prof. Herman van Schalkwyk, ’n landbou-ekonoom, in die boek daarop dat arbeidsdispute, wat gereeld as die rede vir ’n plaasmoord of -aanval gegee word, wel nié die probleem is nie.


“Volgens Van Schalkwyk kan slegs 1,25% van die voorvalle aan die een of ander arbeidsdispuut toegeskryf word. Maar selfs dan regverdig dit nie die wreedheid van die voorvalle nie. Die verslae wat dus so gereeld bekend gestel word en wat daarop aanspraak maak, is net mites,” vertel Hermann.


Internasionale veldtog

Die wins van die Afrikaanse boeke wat verkoop word, sal gebruik word om ’n Engelse eksemplaar van die boek in die buiteland te versprei. Hermann sê die bekendstelling sal met ’n groot internasionale veldtog oor plaasaanvalle in Suid-Afrika opgevolg word.


“Ons vertrou dat die boek ’n nasionale en internasionale dialoog oor plaasaanvalle dermate sal aanwakker dat die Regering die kwessie nie langer sal kan ignoreer nie,” sê Hermann.


Verskeie slagoffers het hul hartroerende stories tydens die bekendstelling vertel.


Die boek kan teen R150 bestel word deur die woord “Treur” na 34388 te SMS.


24 Augustus 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot