AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Skokresultate oor melkgehalte

Skokresultate oor die gehalte van melk het aan die lig gekom nadat melk van 74 verspreiders in Gauteng in 'n projek gedurende die eerste drie maande van die jaar getoets is.

Volgens dié resultate het net 12 van die verspreiders aan die wetsvereistes voldoen, 16 verspreiders het op 'n ernstige vlak oortree en die res in 'n mindere mate.

Mnr. Albert Loubser van die Suiwelstandaard-agentskap, wat op 1 Maart gestig is om die gehalte van suiwelprodukte te monitor, sê dit is 'n "verskriklik ernstige aanklag en nie in belang van die bedryf nie".

Hy het op 'n inligtingseminaar in Pretoria gesê dit was 'n projek wat uitgevoer is voor die ontstaan van die agentskap. Melk het van 200 melkerye af gekom. Briewe is aan die afsonderlike verspreiders gestuur vir regstellings.

Hy sê 10 % van die monsters was E.coli-positief, 8 % het remstowwe bevat, 12 % was ongepasteuriseerd, 15 % het water bygehad en 10 % van die houers was nie tot op die korrekte vlak gevul nie. "Dit is iets wat 'n enorme vinger na ons bedryf wys en sê dit kan nie só werk nie."

Hy het gesê resultate van toetse wat ná 1 Maart gedoen word, sal beslis gebruik word "om die nodige inligting by die partye te kry wat iets daaromtrent gaan doen. Ons kan nie bekostig dat so 'n projek súlke resultate lewer en dit bloot net vir kennisname is nie."

Mnr. Loubser het beklemtoon dat die 46 mindere oortredings gevalle is waar die melk net aan 'n enkele klein vereiste nie voldoen nie. Hy het dit vergelyk met 'n snelheidsgrens van 120 km/u. As iemand 125 km/u ry oortree hy tegnies die wet, maar sal waarskynlik eers beboet word as hy meer as 130 km/u ry. Die mindere oortredings was "alles bo 120 km/u".

Hy het gesê die agentskap beoog om teen einde vanjaar 80 % van die land se melk te monitor. "Ons is 'n organisasie uit die bedryf, vir die bedryf en verwoord die wens van die groter bedryf wat verantwoordelik wil optree."

Suiwelbedryfsorganisasies het die stigting van die agentskap verwelkom. Mnr. Johan Theron, hoofbestuurder van die SA Melkorganisasie, sê sy organisasie beywer hom vir melkprodukte van puik gehalte teen bekostigbare pryse. Veiligheid kom eerste en dit is ononderhandelbaar.

Hy sê hulle is nie vervolgingsgesind nie, maar wil hê die agentskap moet gebreke uitwys sodat dit reggestel kan word. Die bedryf in sy geheel is vir veiligheid en gehalte verantwoordelik.

Mnr. Bertus de Jongh, uitvoerende direkteur van die Melkprodusente-organisasie (MPO) sê as die suiwelbedryf die uitvoermark wil betree, speel gehalte 'n baie groot rol. Hy sê die destabilisasie wat onveilige en onwettige produkte binnelands meebring, is net so erg soos onwettige invoer.

Die MPO verwag dat die agentskap nie net gehalte moet monitor nie. As nie aan die vereistes voldoen word nie, moet aangedring word dat verspreiders dit regstel of andersins moet opgetree word. Hy verwag dat binne weke opgetree sal word teen mense wat die wet blatant oortree.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot