AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Skommeling skep landbou-onsekerheid

'n Opdraande stryd lê vir die landbou voor ná pres. Jacob Zuma se kabinetskommeling en die besluit om Suid-Afrika se ekonomie tot rommelstatus af te gradeer.

'n Opdraande stryd lê vir die landbou voor ná pres. Jacob Zuma se middernagtelike kabinetskommeling. Dit het minder as twee besigheidsdae gevat vir die graderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) om die land se buitelandse skuld tot sub-beleggingsgraad af te gradeer. Fitch het S&P se besluit binne 'n paar dae gevolg met hulle eie afgradering.

Die aankondiging dat mnr. Lungisa Fuzile, die hoog aangeskrewe direkteur-generaal van die Tesourie, bedank het, het niks goeds vir beleggersvertroue voorspel nie.

“Dis baie slegte nuus vir Suid- Afrika se ekonomie en voedselsekerheid,” sê dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die landbousakekamer Agbiz. “Die onmiddellike aard van die afgradering, ná ’n noodvergadering, dui op die erns waarmee die veranderinge by veral die Tesourie beskou word, en die gevolglike impak op die land se ekonomiese en fiskale situasie.

“Duidelik sal die gevolge van die hoër koste van kapitaal, hoër rentekoerse en ’n verswakkende geldeenheid op medium- tot lang termyn negatief impakteer op beleggersvertroue en die groeivooruitsigte van die land. Dit vind juis plaas net toe daar tekens was van verbeterde groeivooruitsigte in die landbou en die land se ekonomie.

“Landboubesighede sal die gepaardgaande risiko’s met die afgradering goed moet ontleed en strategieë ontwikkel om aan te pas en te oorleef in ’n sakeomgewing wat waarskynlik nie baie gunstig gaan wees nie.”

Rentekoerse

Prof. Johan Willemse, hoof van landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, sê dit sal moeilik wees om die neiging van buitelanders wat hul geld onttrek, om te keer en beleggingsvertroue te herstel. Daar is ook min motivering vir Suid- Afrikaners om in die land te belê.

“Die siening van tegniese ontleders wat grafieke bestudeer, is dat die remme nou maklik heeltemal kan loskom op die rand. Onthou, ons is nou in heeltemal onbekende terrein. Ons weet nie hoeveel die rand kan verswak voordat daar stabiliteit kom nie.”

Hy voorspel dat inflasie vinnig sal styg, wat sal gepaardgaan met stygende brandstofpryse. “Kunsmis en die meeste landbou-insette word ingevoer. Dié pryse gaan styg in verhouding met die rand se verswakking.” Op kort termyn verwag hy dat die rentekoers met minstens ’n halwe tot een persentasiepunt sal styg, en dalk nog daarna.

“Baie landbouprodukpryse is aan die wisselkoers gekoppel. Mielie-uitvoerpryse sal styg, asook invoerpryse van koring en oliesaad, wat binnelandse pryse opjaag. Die pryse van ingevoerde landbou produkte sal styg, wat byvoorbeeld die prys van hoendervleis en rys sal laat styg.”

Teleurstellend

Prof. Johann Kirsten, direkteur van die Buro vir Ekonomiese Navorsing by die Universiteit Stellenbosch, het gesê die afgradering is veral teleurstellend omdat dit die Tesourie, sakesektor en arbeidsektor se prysenswaardige samewerking om juis hierdie uitkoms te voorkom, ongedaan maak.

“Verder impliseer die afgradering dat Suid-Afrika amper sekerlik nie – minstens op kort termyn – sal deel hê in die verbeterende globale ekonomiese klimaat nie.” Kirsten sê die groot kwessie is die wisselkoers wat verder gaan verswak.

“Dit sal goed wees vir die wyn-, vrugte- en wolboere. Die mieliepryse vir Junie sal dalk ook beter wees namate uitvoerpariteitspryse ietwat gelig word.

“Rentekoerse sal na alle waarskynlikheid vinnig styg. In vorige afgraderingsfases was Suid-Afrika se rentekoerse baie hoog – onthou die laat 1980’s se 25% ná die destydse President, mnr. P.W. Botha, se Rubicon-toespraak en die rentekoerse van 18-20% in die middel-1990’s. Eers in 2000 is Suid-Afrikaanse staatseffekte nie meer as rommel beskou nie. Sedertdien het ons besonder lae rentekoerse gehad.

“Jy kan jou indink wat hoë rentekoerse gaan beteken vir netto boerdery-winste en uitbreidings en groeigeleenthede.”

Kontinuïteit

’n Skrale troos is dat die ministers in ander sleutelportefeuljes vir die landbou darem Zuma se mes vrygespring het. Agri SA verwelkom die behoud van mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, wat as betreklik boervriendelik gesien word, en ook dat dr. Rob Davies behou is by die Departement Handel en Nywerheid, wat kontinuïteit sal behou oor handel en die ontwikkeling van nuwe markte.

Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, sê oor die afgelope 19 jaar het S&P slegs 23 lande tot rommelstatus afgegradeer. Net ses het binne die kortste herstelperiode van vyf jaar herstel.

Agri SA het sy kommer uitgespreek oor die land se ekonomiese welvaart en meen dis tyd dat pres. Jacob Zuma en die regerende ANC aanspreeklik gehou word vir radikale besluite wat die land se ekonomie benadeel.

- Beriggewing deur Joylene van Wyk en Jeanne van der Merwe

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
979.10
-0.6%
Palladium
1,421.38
-0.1%
Goud
1,976.74
-0.9%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot