AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Skrif is aan die muur vir ANC ná plundery

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Polisielid sit op kiste bier wat deur plunderaars agtergelaat is naby ’n geplunderde alkoholpakhuis in Durban op 16 Julie, tydens die onluste wat ná die inhegtenisneming van oudpres. Jacob Zuma uitgebreek het. Die politieke ontleder dr. Frans Cronjé meen dié onluste het die ANC by ’n kruispad gebring. FOTO: GUILLEM SARTORIO
’n Polisielid sit op kiste bier wat deur plunderaars agtergelaat is naby ’n geplunderde alkoholpakhuis in Durban op 16 Julie, tydens die onluste wat ná die inhegtenisneming van oudpres. Jacob Zuma uitgebreek het. Die politieke ontleder dr. Frans Cronjé meen dié onluste het die ANC by ’n kruispad gebring. FOTO: GUILLEM SARTORIO
Die Ramaphosa-administrasie se onvermoë om Suid-Afrika se probleme daadwerklik aan te pak, het die kruitvat vir die plundery geskep en kan tot die ANC se ondergang by die stembus lei.

Die gewelddadige protesoptrede en plundery wat gevolg het op oudpres. Jacob Zuma se uittog uit Nkandla na die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal het minder met die oudpresident se tronkstraf te doen as met die ANC-regering se onvermoë om betekenisvolle hervorming van die land se ekonomie te bewerkstellig, het dr. Frans Cronjé van die sentrum vir risikobepaling (CRA) op ’n onlangse webinaar gesê.

Hy verwag dat dinge erger gaan raak. In een van vier scenario’s wat hy op die webinaar aan die CRA se kliënte voorgehou het, voorspel hy dat dit uiteindelik tot die ANC se ondergang by die stembus gaan lei.

Op die webinaar ter nabetragting van die gebeure wat oor die naweek van 9 Julie in Suid-Afrika begin uitspeel het, het Cronjé ook gewaarsku dat die regering hard sal probeer voorgee dat dit ’n Zuma-faksie in die ANC is wat terugveg. Hy gee toe dat daar lede van die Zuma-faksie is wat ’n geleentheid in die regering se onvoorbereidheid gesien het.

Cronjé het egter gesê dit is die Ramaphosa-regering se onvermoë om maatskaplike kwessies in die land te pak en te erken dat beleidsrigtings wat belegging en werkskepping afskrik, die ekonomiese probleme veroorsaak wat ’n kurkdroë landskap geskep het wat deur die geringste vonkie aan die brand gesteek kon word.

“Dit is ’n kruitvatsituasie,” het hy gesê. Dit kan net reggestel word deur beleidshervorming wat tot ekonomiese groei, werk en welvaartskepping lei.

Vier scenario’s

In die beste scenario wat die CRA voorhou, is die onlangse onlus die draaipunt wat die regering aanspoor om die nodige beleidsveranderinge aan te bring. Dit plaas die land en sy ekonomie op ’n groeitrajek met ’n stabiele samelewing.

In die ander geval verloor die ANC ’n verkiesing en ’n nuwe pragmatiese party of koalisie bring hervorming mee. In dié geval hou die onluste nie dadelik op nie, maar dit vererger en lei tot die ANC se ondergang by die stembus – dalk in 2024, het Cronjé gesê.

In die derde scenario verloor die ANC die verkiesing en dit dwing hom om met radikale wegbreekgroepe, soos die EFF, koalisies te vorm. Geen hervorming vind plaas nie. Suid-Afrika word ’n mislukte staat. In die vierde scenario bly die ANC aan bewind sonder enige hervorming.

Die gesag van die staat verweer al hoe meer en private instellings neem al hoe meer funksies van die staat oor. Private onderwys, sekuriteit, diensverskaffing en selfs burgermagte (soos tydens die geweldpleging van die onlangse onluste gesien is) word die norm.

In dié scenario is die ANC op papier aan bewind, maar die land is gefragmenteer en party gemeenskappe bou robuuste enklaves wat hulle toelaat om ’n redelike lewenstandaard te handhaaf ten spyte van swak ekonomiese groei en breër armoede.

Cronjé meen nie dat Ramaphosa die nodige hervorming gaan toepas nie. “Ons dink nie hy is ’n hervormer nie, hy is deel van die probleem.”

Nodige veranderinge

Die veranderinge wat volgens die CRA gemaak moet word, sluit onder meer die deregulering van die arbeidsmark en die wegdoen met minimumloonwetgewing in.

Daar moet ook weggedoen word met gedwonge horisontale toepassing van ooreenkomste deur bedingingsrade en baie van die land se arbeidsbeleid moet met ’n stelsel van vrywillige individuele kontrakte vervang word.

“Met ander woorde, as jy wil werk, is daar niks wat die staat kan doen om in jou pad te staan nie.” Die onlangse hervorming van Eskom se private opwekkingsdrempel gaan nie ver genoeg nie. Eskom moet ontbondel, die opwekkingsbeen moet verkoop en private mededinging moet toegelaat word, het Cronjé gesê.

“Daar moet weggedoen word met die huidige bemagtigingsbeleid wat ’n onnodige las op maatskappye plaas en belegging ontmoedig. Ondernemings moet eerder aangemoedig word deur ’n stelsel wat bemagtigingspunte toeken vir belegging, werkskepping, belastingbydraes en bydrae tot uitvoer.

Wat onderwys betref, moet die mag van unies gebreek word en gemeenskappe moet in beheer van hul onderwys wees, nie burokrate in Pretoria nie, volgens Cronjé. “Tot dít alles nie verander nie, sal niks verander nie.”

Hoop op die horison

Sedert hy aan bewind gekom het, was Ramaphosa egter self ’n kampvegter vir die verhoging van die minimum loon. Cronjé het gesê die manier waarop hy gepraat het van goeie dinge wat uit onteiening sonder vergoeding kan kom, het tot die huidige probleem bygedra.

Hy meen nie daar is genoeg steun in die ANC vir sulke radikale beleidsverandering nie. Onluste en opstand kan dus vir die afsienbare toekoms die norm wees.

Die goeie nuus is egter dat die onlangse gebeure gewys het dat verhoudings onder Suid-Afrikaners in die algemeen goed is en dat die meeste mense wil saamwerk en die land rondom pragmatiese beginsels wil laat werk.

Hy voorspel dus ’n nederlaag vir die ANC by die stembus binne die volgende dekade en ’n post-ANC-koalisie wat Suid-Afrika na ’n hervormde land in die 2030’s kan lei.

Tot dan gaan die enklaves van sy vierde scenario maatskappye en individue se beste verskansing teen onluste en maatskaplik-ekonomiese onstabiliteit en swak beleid wees.

Dr. Frans Cronjé FOTO: LBW-ARGIEF

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
+0.6%
Rand - Pond
19.31
+0.1%
Rand - Euro
17.25
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,636.08
+0.8%
Silwer
18.65
+1.6%
Palladium
2,099.50
+2.8%
Platinum
860.50
+0.9%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,493
+0.4%
Alle aandele
63,920
+0.5%
Hulpbronne 10
56,826
+1.1%
Industriële 25
79,145
-0.5%
Finansiële 15
14,200
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maatjie
Ek is afgetree in Kleinmond en soek iemand om dinge mee te deel. Ek speel tennis en gholf en hou van langs die see stap en waardeer die eenvoudige klein dingetjies wat saak maak
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot