AFGRI
BEAN
05 Okt
-
8977
-39,00
CORN
05 Okt
-
4903
23,00
SOYA
05 Okt
-
9240
-25,00
SUNS
05 Okt
-
10200
-10,00
WEAT
05 Okt
-
7200
31,00
WMAZ
05 Okt
-
4943
27,00
YMAZ
05 Okt
-
4863
7,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Slaan munt uit die wisselkoers

Jy kán die swak rand en trae markte uitoorlê.

Ontoereikende landbouproduksie in Afrika en Asië in verhouding tot die bevolking van dié vastelande gaan minstens tot 2040 heers. Suid-Afrikaanse boere kan vooruit boer deur voedselprodukte na lande in daardie wêrelddele uit te voer, sê mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa Agribesigheid se sentrum vir uitnemendheid.

Hy voorspel dat die rand in die toekoms met 6% tot 10% per jaar teenoor die Amerikaanse dollar gaan verswak. Hy het op die onlangse Subtrop-bemarkingsimposium in Mbombela (Nelspruit) gesê boere moet anders dink oor die toekoms en hoe die ekonomie hulle gaan raak.

Hy beveel aan dat hulle so vroeg moontlik in die jaar hul dollar-gebaseerde produksiemiddele koop en dan hul uitvoerprodukte so laat as moontlik in die siklus verkoop. “Só kan boere munt slaan uit die wisselkoerssiklus.”

Mededinging

Hy waarsku egter dat boere oopkop sal moet wees en hulself moet staal vir mededinging uit allerhande nuwe oorde vir honger wêreldmarkte. “Wees versigtig om horisontaal uit te brei. Jy sal moet meeding teen tegnologie wat dit moontlik maak om tonne vleis in laboratoriumtoestande te kweek en hamburgers uit vlieglarwes te vervaardig. Sonneblomolie kan nou van bakterieë gekweek word.

“Boere sal die waarde en eienskappe van hul produkte beter moet bemark. Supermarkte soos ons dit ken, gaan in die toekoms nie meer bestaan nie. As boere slim is, gaan hulle van sosiale netwerke, soos UberFresh, begin gebruik maak en hul produkte regstreeks by verbruikers aflewer.”

Boonop moet boere, volgens hom, nie hoop op beter kommoditeitspryse in dollarwaarde in die volgende 40 jaar nie. “Ons is, soos wat baie ander ekonome sê, in ’n kommoditeitskrisis, en daar is geen vooruitsigte vir iets wat drastiese prysverhogings teweeg sal bring nie. Die prys van avokado’s, makadamias en ander tropiese vrugte gaan dus in die volgende 40 jaar net sywaarts beweeg,” sê Janovsky.

Eksamen skryf

“Boere moet anders begin dink oor die landbou en winsgewend raak op maniere waaraan hulle nie vroeër gedink het nie. Verbou eerder makadamias in China en bespaar op die vervoerkoste vanaf Suid-Afrika daarheen,” sê hy.

Hy sê Suid-Afrika is een van die veiligste lande ter wêreld om in te belê. “Kredietgraderingsagentskappe dwing die land om elke ses maande ‘eksamen te skryf’ oor sy fiskale beleid. Dit hou die Regering verantwoordbaar.”

Hy meen selfs korrupte leiers en politici wil ’n afwaarste aanpassing in Suid-Afrika se kredietgradering vermy. “Want as dit gebeur, is die geld wat hulle gesteel het, niks werd nie.” In Zimbabwe kon die regering bloot die wet verander om sy grondvergrype te wettig, maar in Suid-Afrika kan boere hulle tot die Grondwethof wend. Die Regering mag nie wette verander as dit nie in ooreenstemming met die land se Grondwet is nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.73
-0.6%
Rand - Pond
20.26
-0.2%
Rand - Euro
17.63
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.49
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,714.33
-0.7%
Silwer
20.70
-1.7%
Palladium
2,304.50
-0.8%
Platinum
926.50
-0.8%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,535
-0.5%
Alle aandele
65,961
-0.5%
Hulpbronne 10
63,710
-1.3%
Industriële 25
79,806
-0.3%
Finansiële 15
14,094
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot