
Daar is vanjaar weer ’n eerbetoning ter nagedagtenis aan slagoffers van plaasaanvalle by die Witkruismonument by Polokwane gehou.
Mnr. Werner Weber, bekende boer van die Piet Retief-omgewing, het gesê dat oorlewendes van plaasaanvalle selde die letsels van verwoesting na so ’n voorval kan verwerk. “Ondanks die wreedheid van hierdie aanvalle, word dit dikwels as gewone misdaad en diefstal beskryf, wat ’n totale miskenning van die geweld en doelgerigte afskrikkings-element is wat met so ’n aanval gepaardgaan.” Weber en sy gesin was sélf in 2002 slagoffers van só ’n aanval.
Op die vraag “Wat nou?” het Weber gesê ’n terugkeer na God is die enigste antwoord. “Die Bybel stel dit duidelik in Psalm 50.”
Belangstellendes word nou reeds uitgenooi na volgende jaar se eerbetoning op 16 Junie.