AFGRI
BEAN
16 Me
-
9950
305,00
CORN
16 Me
-
4986,6
96,60
SOYA
16 Me
-
9230
147,00
SUNS
16 Me
-
10740
155,00
WEAT
16 Me
-
8400
255,00
WMAZ
16 Me
-
4775
151,00
YMAZ
16 Me
-
4912
142,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
06 Me
-
160,8
-7,25
Ave Wool - RWS
06 Me
-
174,68
-4,85
Beeste A2/3
06 Me
-
60,14
-2,17
Beeste AB2/3
06 Me
-
56,59
-3,15
Beeste B2/3
06 Me
-
52,44
-1,74
Beeste C2/3
06 Me
-
48,5
-0,86
Bevrore Hoender
06 Me
-
30,3
-0,79
Bokkies (onder 30 kg)
06 Me
-
56,61
-2,64
Bokooie
06 Me
-
42
-6,53
Groot (meer as 40 kg)
06 Me
-
46,33
3,12
Hoender (IQF)
06 Me
-
28,57
-1,01
Medium (30-40kg)
06 Me
-
49,21
-6,68
Pork Average
06 Me
-
26,81
-0,64
Poultry Average
06 Me
-
30,07
-0,70
Skaap A2/3
06 Me
-
94,59
-0,51
Skaap AB2/3
06 Me
-
78,32
-0,43
Skaap B2/3
06 Me
-
75,11
-0,40
Skaap C2/3
06 Me
-
70,66
-0,03
Speenkalf
06 Me
-
37,88
-0,38
Spekvarke
06 Me
-
27,28
-0,35
Stoorlammers
06 Me
-
46,33
-0,96
Varkwors
06 Me
-
21,26
-0,68
Vars Hoender
06 Me
-
31,34
-0,30
Vleisvarke
06 Me
-
26,75
-0,66

Slagsyfer van beeste toon eerste groei ná droogte

akkreditasie
Foto: Louw Pretorius
Foto: Louw Pretorius
Die slagsyfer van beeste het in 2019 die eerste keer sedert kuddeverkleinings ná die 2016-droogte op ’n jaargrondslag gestyg.

Die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) sê in ’n inligtingstuk oor die landbou-ekonomie dat 60 316 beeste geslag is. Dit was 2,3% meer as in 2018.

Die slagsyfer van skape het met 468 964 (10,7%) gestyg en dié van varke met 240 331 (8%).

Die buro sê hoewel Statistieke SA se jongste syfers wys dat die bruto binnelandse produk (BBP) van die landbou-ekonomie in die vierde kwartaal van 2019 met 7,6% ingekrimp het, het die landbou-BBP gegroei as dié kwartaal met die ooreenstemmende kwartaal in 2018 vergelyk word. Vir só ’n vergelyking op ’n jaargrondslag is ’n seisoenale aanpassing onnodig.

Statistieke SA kyk na alle sektore van die ekonomie en spesifiek na seisoenaal aangepaste, geannualiseerde veranderinge van een kwartaal na die volgende.

In die landbou is daar egter verskillende subsektore wat op verskillende tye hul produkte lewer. Deur eerder na die bruto waarde van produksie (BWP) per bedryf te kyk, soos saamgestel deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, kry ’n mens volgens die BFAP ’n beter aanduiding van wat die landbou-ekonomie se prestasie aandryf.

Groei

Die BWP van diereprodukte was in die vierde kwartaal van 2019 10% hoër as in die vierde kwartaal van 2018.

Die beesbedryf was die grootste bydraer en het met 12% gegroei. Die styging in produksievolume het meer as vergoed vir die daling in produsentepryse wat in alle rooivleisbedrywe sigbaar was. Die uitbreking van bek-en-klouseer het bykomende druk op beespryse geplaas. Daarteenoor was hoenderpryse in die vierde kwartaal van 2019 5% hoër as in die ooreenstemmende kwartaal in 2018.

Hoewel die vraag na rooivleis gewoonlik in die feestyd styg, was verbruikersbesteding onder druk. Pryse was hoog weens Afrika-varkpes in China en die gevolglike sterk wêreldpryse. ’n Groter aanbod het die tipiese seisoenale styging ietwat beperk.

Die BWP van tuinbou was ook in die vierde kwartaal van 2019 hoër as in dieselfde kwartaal van 2018, naamlik 9%.

Sagtevrugte se BWP het met 9% gestyg en groente s’n met 6%.

In die uitvoergeoriënteerde sagtevrugtebedryf het die swakker rand pryse ondersteun, maar meer druiwe en steenvrugte is uitgevoer.

Minder koring en gars

Die BWP van veldgewasse was in die vierde kwartaal van 2019 7% laer as in die ooreenstemmende kwartaal in 2018.

Koring en gars se BWP het met onderskeidelik 13% en 29% gedaal.

Die totale koringoes van 2019 gaan na verwagting 367 000 ton kleiner wees as in 2018. Ondanks ’n styging van 2% in die prys, danksy die swakker rand, het ’n afname in volume die afname in produksiewaarde aangedryf.

Herstel

Die BFAP verwag dat die landbou-BBP vanjaar beduidend gaan herstel.

Gunstige klimaatstoestande, veral in die weste, sal waarskynlik die mielie-oes oor 15 miljoen ton stoot en ondanks laer pryse sal die BWP van die mielie-oes na verwagting meer as 10% hoër as in 2019 wees.

Die BWP vir sojabone en sonneblomme sal ook na verwagting met onderskeidelik 35% en 15% styg, sê die BFAP in die dokument.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.15
+0.1%
Rand - Pond
19.90
-0.7%
Rand - Euro
16.85
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.26
-0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,822.54
+0.6%
Silwer
21.60
+2.3%
Palladium
2,025.00
+4.0%
Platinum
946.50
+0.2%
Brent-ruolie
111.22
+3.4%
Top-40
62,496
+0.8%
Alle aandele
69,212
+0.8%
Hulpbronne 10
71,854
+1.5%
Industriële 25
77,093
+0.1%
Finansiële 15
15,933
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons smile saam
Ek is vriendelik, sageaard hou van humor in die lewe. die buitelewe my diere. Hou van motorfiets ry, braai visvang, sons ondergang en so bitjie gewaagd lewe. die lewe is soos n...
Ek kan braaibroodjies maak. En ek is n one liner sorry 😁
Ek Hou van die buite lewe, natuur en aksie. Love visvang en doen genoeg oefenig om pizza te eet. Love rooiwyn. Hou van grappe maak maar het ook n ernstige kant. Hou van...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot