
Volgens mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die RPO, is brucellose een van die ernstigste erosiesiektes wat die kalfpersentasie in die land se veestapel ernstig benadeel en menslike verbruikers van besmette vleis kan siek maak.
"Ingevolge die land se veeratsenykundige strategie word brucellose as die ergste beheerde siekte in dieregesondheid beskou," het hy op die nasionale RPO-kongres gesê.
Dit is 'n beheerde siekte wat verpligte voorkomende inenting vereis. "Indien die verkoopsyfers van entstog as aanduiding gebruik word, word slegs 17 % van alle jong verse teen die siekte ingeënt.
Volgens Schutte was die voorkoms van die siekte teen 1994 bykans ten volle onder beheer, maar het sedertdien ernstige vlakke aangeneem, hoofsaaklik in Noordwes, Vrystaat en Limpopo.
Mnr. Arnold Brand, ere-ondervoorsitter van die RPO se dit is 'n "baie slegte siekte vir goeie buurmanskap. Dit loop gewoonlik op hofsake uit, aangesien dit baie vinnig van 'n besmette na 'n gesonde kudde oorgedra kan word.”