AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

‘Sluikhandel in sigarette moet nóú stop’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
Die regering moet nóú optree om onwettige sigaretverkope en die netwerke wat daarvoor verantwoordelik is, finaal te knak.

British American Tobacco van Suid-Afrika (BATSA) wil hê owerhede, veral die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), moet hul hakke inslaan en die tabakbedryf help beskerm teen vervaardigers wat onwettige metodes inspan om hul sigarette van die hand te sit.

Volgens mnr. Johnny Moloto, hoof van BATSA, floreer sluikhandel in sigarette, terwyl die Jan Taks jaarliks R19 miljard aan belastinginkomste as gevolg daarvan verloor.

“Die SAID het die reg aan sy kant hê, maar skiet tekort aan bronne en ondersteuning om die plaag van sluikhandel wat Suid-Afrika se hoop op stabiliteit en vooruitgang wegvreet, hok te slaan.”

Hy het gereageer op die nuutste en sesde Ipsos-navorsingsverslag oor die goedkoopste sigarette wat in Suid-Afrika verkoop word. Navorsing daarvoor is van 28 September tot 25 Oktober by 4 593 winkels reg oor Suid-Afrika  gedoen.

Een pakkie van 20 sigarete kan vir net R7 gekoop word; ’n derde van  die minimum invorderbare belasting.

In die Wes-Kaap verkoop vier uit vyf winkels (77,9%) sigarette onder die minimum invorderbare belastingprys van R22,79 per pakkie van 20 sigarette.

In die Vrystaat is dié syfer 72,3% (drie uit vier winkels) en in Gauteng 66,2%, wat volgens die verslag ’n beduidende styging vir die provinsie toon teenoor ’n jaar gelede.

Aksyns van R19,82 per pakkie plus 15% belasting op toegevoegde waarde (BTW) vorm die minimum invorderbare belasting van R22,70. Dit sluit dus nie produksiekoste of wins van die vervaardiger in nie.

“Pakkies wat vir minder as R22,79 verkoop word, moet daarom as onwettig beskou word omdat die vervaardiger daarvan waarskynlik nie die aksyns of BTW aan die SAID oorbetaal nie,” sê hy.

“Die onwettige prysoorloog word gewen deur handelsmerke wat aan Gold Leaf Tobacco Corporation (GLTC) van Zimbabwe, Carnilinx en Best Tobacco behoort,” sê Moloto.

Die twee laasgenoemde maatskappye is die enigste oorblywende lede van die Fair Trade Independent Tobacco Assosciation (FITA) nadat GLTC in September 2020 uit die vereniging geskop is weens gerugte oor verkope van sigarette al het die verbod daarop tydens covid-19 gegeld.

GLTC het egter intussen sy eie vereniging gevorm, naamlik die South Africa Tobacco Organisation (SATO) en is tans die enigste lid.

SAID moet nou sy eie regulasies uitvoer

Volgens hom is dit nou tyd dat die SAID uitvoering gee aan sy eie regulasies wat twee jaar gelede verpligtend vir die bedryf geword het.

“Dit is ook tyd om die CCTV-beleid wat vroeër vanjaar aangekondig is en waarvolgens plaaslike vervaardigers kringtelevisie in fabrieke moet aanbring, toe te pas.”

Batsa wil ook hê ’n minimum-kleinhandelprys vir sigaretverkope moet ingestel word. “Dit sal die polisiediens help om beslag te lê in die geval van onwettige verkope en vervaardiging en fabrieke sluit wat die regulasie oortree.”

Die oproep kom midde die twee onlangse hoëprofielsake waarvolgens die SAID begin het om sy kloue in te slaan as deel van pogings om onwettige handelsbedrywighede vas te vat.

In Augustus het die SAID ’n bewaringsbevel teen GLTC en sy twee direkteure, mnre. Simond Rudland en Ebrahim Adamjee, verkry. Die SAID wil meer as R3 miljard se onbetaalde belasting van die maatskappy terugkry.

“Die nuutste Ipsos-verslag gee ook nou onteenseglike bewyse dat die ongrondwetlike verbod op tabakverkope tydens covid-19 ’n monster help skep het met ’n onversadigde aptyt,” sê Moloto. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot