AFGRI
BEAN
07 Des
-
9386
36,00
CORN
07 Des
-
4398
-51,00
SOYA
07 Des
-
9034
-10,00
SUNS
07 Des
-
10415
-85,00
WEAT
07 Des
-
6657
3,00
WMAZ
07 Des
-
4820,2
-29,80
YMAZ
07 Des
-
4750
10,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sneeu en koue pak Suid-Afrika

Koue, nat weer en sneeu het groot dele van die land in sy greep en die Weerkantoor verwag dat dit gaan uitbrei.

Koue, nat weer en sneeu het groot dele van die land in sy greep en die Weerkantoor verwag dat dié weer Dinsdag (26 Julie 2011) wyer gaan voorkom.


Mnr. Ezekiel Sebegu, weervoorspeller, sê dit sneeu tans in die oostelike dele van die Wes-Kaap en oor die grootste deel van die Oos-Kaapse binneland. “Dit sneeu ook tans in Lesotho, op die berge van KwaZulu-Natal en in die suidelike en oostelike dele van die Vrystaat.”


Volgens Sebegu kan sneeu vandag (25 Julie 2011) oor die suidelike dele van Mpumalanga ook voorkom, en dit kan môre tot by die Long Tom-pas versprei. Sneeu kan vanaand (25 Julie 2011) moontlik ook in die suidelike dele van Gauteng val.


Intussen sê Landbou.com se Facebook-gebruikers, Beaufort-Wes en Queenstown is wit onder die sneeu, terwyl die sneeu sowat ’n meter diep in die distrik Dordrecht lê. Mnr. Paul Snyman sê naby Rietbron en Willowmore het boere redelik skade gely met kaalgeskeerde Angorabokke wat weens die koue en reën verkluim.


Reën

Met die wêreld wat plek-plek wit is, kom swaar reënneerslae ook in baie gebiede voor. Boere juig oor meer as 50mm reën wat sedert die naweek in die distrik George geval het. Van dié boere het tot 75mm gemeet. Sebegu sê die reën kom al langs die oostelike dele van dié stad af langs die suidkus voor. Reënwolke hang al langs die Ooskus tot by Port St. Johns.


Sebegu voorspel dat nóg reën Dinsdag (26 Julie 2011) kan voorkom. “Dit gaan moontlik uitbrei na die oostelike dele van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die oostelike dele van Mpumalanga.”


Mnr. André de Wit, die voorsitter van die Langkloof-boerevereniging, sê dié distrik is baie nat en koud. “Van gisteraand af (Sondagaand) het dit al 65mm gereën en die wolke hang vandag nog laag.”

Kyk hier na lesersfoto's van die sneeu wat plek-plek geval het.




Die foto is naby Misgund in die Langkloof geneem. Foto: ANDRE DE WIT


25 Julie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
+0.8%
Rand - Pond
20.96
+0.3%
Rand - Euro
18.05
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,778.03
+0.4%
Silwer
22.57
+1.7%
Palladium
1,851.50
+0.0%
Platinum
1,002.50
+1.2%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe is so kosbaar dat jy dit moet deel met n lewensmaat
Ek het die lewens pad gestap en het nog net respek vir ander mense gehad. Ek soek geen issues in my lewe nie en wil dus nie n las op. my he nie. Nog 7 jaar dan tree ek af en wil...
Bok vir Sports ....nie sommer iets wat ek nie sal try nie
Ek is n opwindende mensie wat glad nie kan of wil stilsit nie. enige iets wat buite die huis gedoen kan word is ek game voor. lank genoeg toe gesluit gewees
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot