AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Só besluit verbruikers oor vleis

Gehalte en veiligheid is dwarsoor inkomstegroepe heen van die belangrikste oorwegings as dit kom by vleis koop.

In ’n Amerikaanse studie word getoon verbruikers vertrou boere, maar nie hul boerderypraktyke nie, sê dr. Nicolette Hall, ’n navorsingskonsultant en verbruikerskenner aan die Universiteit van Pretoria.

In ’n aanbieding oor veranderende verbruikerspatrone by die Cleaver-eerbewyse aan die land se beste slaghuise, het sy gesê volgens die studie is 75% van verbruikers boere goedgesind, maar net 42% is goedgesind teenoor hul praktyke. “Daarom is ’n persoonlike benadering belangrik en daar moet kreatiewe maniere gevind word om die verbruikers se kwelvrae te beantwoord.”

Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) voorspel dat die verbruik van beesvleis na verwagting oor die volgende tien jaar met 15% sal toeneem en die verbruik van hoendervleis met 22%. Daarteenoor het navorsing oor verbruikersbesteding getoon dat die besteding aan verwerkte varkvleisprodukte en varkvleis van 2005 tot 2010 die meeste gegroei het, en dat ryk verbruikers toe minder hoendervleis verbruik het.

Hall sê arm en ryk verbruikers bestee minstens sowat 25% van hul kosgeld aan vleis. “Soos wat verbruikers meer geld in die sak het, bestee hulle meer aan vleis en minder aan brood en graanprodukte.”

Sy het ’n studie van prof. Hettie Schönfeldt van die Universiteit van Pretoria se Instituut van Voedsel, Voeding en Welstand verlede jaar aangehaal oor Suid-Afrikaanse vleisverbruik.

Dit het vleisverbruik ontleed aan die hand van drie groepe verbruikers:

¦ Die armste 25% van die bevolking wat hoofsaaklik in landelike gebiede in veral KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Limpopo woon, waar tot 45% werkloos is;

¦ Die middelste 51% van die bevolking wat toenemend verstedelik en veral in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap en Limpopo woon, met ’n werkloosheidsyfer van 24% tot 38%;

¦ Die mees welgestelde 24% in stede in veral Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal vir wie werkloosheid nie ’n kwessie is nie.

“Al drie verbruikersgroepe beoordeel die gehalte van rooivleis deur na die kleur en varsheid (vervaldatum) te kyk. Onder die armes staan prysoorwegings en gesondheid uit as kwellinge oor rooivleis en by die rykes prysoorwegings en die sigbare vet. Die middelklas het die minste kwellinge.”

Kennis oor die klassifikasiestelsel vir rooivleis is beroerd. Net 15% van rykes het enige kennis daaroor, 10% van die middelklas en 4% van die armes. Met dié studie is gevind beesvleis en eiers was die gewidste diereproteïene onder al die verbruikers, gevolg deur hoender.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.67
-0.2%
Rand - Pond
20.21
+0.1%
Rand - Euro
17.61
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,719.90
-0.4%
Silwer
20.79
-1.3%
Palladium
2,300.96
-0.9%
Platinum
924.68
-1.0%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,840
0.0%
Alle aandele
66,313
0.0%
Hulpbronne 10
64,568
0.0%
Industriële 25
80,073
0.0%
Finansiële 15
14,053
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot