AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9355
-1,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9400
8,00
SUNS
30 Sep
-
10242
37,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4890
-2,00
YMAZ
30 Sep
-
4860
9,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Só kan navorsing staat help om boere te help

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Anton Alberts
Foto: Anton Alberts
Met die regte ingryping kan die staat Suid-Afrikaanse boere weer moed gee en die platteland red.

Die feit dat een uit elke vyf van die boere wat aan dr. Kandas Cloete van die Universiteit Stellenbosch se navorsing oor grondgebruikpatrone deelgeneem het, oor die volgende dekade wil ophou boer, hoef nie net slegte nuus vir die landbou en die Suid-Afrikaanse platteland te wees nie. Dit kan ook beteken daar is geleenthede vir nuwe toetreders tot die sektor, maar dan moet die regering aandag skenk aan onsekerheid rondom sy grondbeleid, landelike veiligheid, bystand vir boere en goeie marktoegang vir uitvoerprodukte, sê Cloete wat die navorsing vir haar PhD-proefskrif gedoen het.

Sy sê die groot kwessie met plase waarvan die eienaars oor die volgende tien jaar ontslae wil raak, is om te verstaan hoekom boere nie meer kans sien vir hul boerderye nie. Die meeste van die 450 boere wat aan haar studie deelgeneem het en aangedui het dat hulle wil ophou boer, was tussen die ouderdomme van 30 en 45, of ouer as 65.

Cloete, wat op ’n steenvrugplaas tussen Laingsburg en Ladismith grootgeword het, besef hoe ’n belangrike rol die landbou in die ekonomieë van dorpies in Suid-Afrika kan speel. Sy het dus begrip vir dr. Theo de Jager van die genootskap vir familieboere, Saai, se kommer dat plattelandse dorpe boere van tussen 30 en 45 jaar oud nodig het om ekonomies en sosiaal aan die gang te bly.

De Jager sê luidens ’n verklaring dat dorpies in Suid-Afrika op drie pilare gevestig is: ’n kerk, ’n laerskool en ’n koöperasie. “Oral in Suid-Afrika is dorpies besig om dood te gaan omdat een van dié drie pilare begin verkrummel. Dit is juis boere tussen 30 en 45 jaar wat nog jonk genoeg is om kinders in ’n laerskool te hê wat plattelandse dorpe aan die gang hou,” lui die verklaring.

Sy sê dit is belangrik om te monitor wat van grond word nadat daardie boere dit oor die volgende tien jaar van die hand sit. “As ’n plaas deur ’n groot boerderybesigheid oorgekoop word, word daar waarskynlik ’n plaasbestuurder in die plek van die boer aangestel om die eenheid te bestuur. Dan verander daar eintlik baie min, want die bestuurder is dikwels ook getroud, het ook kinders en hulle word almal deel van die gemeenskap net soos die boer en sy gesin wat die plaas verkoop het. Die dorp en sy ekonomie gaan dus aan soos voorheen.

“Wanneer ’n buurman die plaas koop en self boer saam met sy eie plaas, dan is ons ’n boer armer,” verduidelik Cloete.

Sy sê dit is ook nie onwaarskynlik dat ’n nuwe boer die plaas koop nie en as so ’n boer ’n nuwe toetreder is tot landbou is dit belangrik om te weet hoekom die vorige eienaar opgehou boer het. As die plaas nie meer as ekonomiese eenheid kon funksioneer nie of daar ander onderliggende probleme was wat die boerdery se lewensvatbaarheid geraak het, is die kans goed dat die nuwe eienaar dit ook nie gaan maak nie.

Staat moet kennis neem

Dit is kwessies soos hierdie wat Cloete hoop in ag geneem sal word wanneer besluitnemers beleid rondom die landbou ontwikkel.

In ’n onlangse televisie-onderhoud sê sy haar studie het gewys daar is verskillende groepe boere. Daar is ’n groep ambisieuse boere wat meer geleenthede as probleme in die sektor sien. Hulle is innoverend en bereid om planne te maak om probleme te oorbrug.

Dan is daar die uittreders. Dit is boere wat nie vir hulself ’n pad vorentoe sien in die landbou nie. Vir hulle is die probleme eenvoudig te veel. Hulle kan nie of wil nie aanhou boer nie.

’n Derde groep is ongemaklik, maar gaan nog uitbrei. Hulle sien die risiko’s, maar voel nie so bedreig dat hulle nie wil aangaan nie. Hulle benader hul boerderybesluite egter versigtig en soms selfs met huiwering.

Die laaste groep sien nie ’n toekoms in die landbou nie, maar het geen ander opsies as om aan te hou nie. Hulle is moedeloos, maar te oud om van beroep te verander en het nie geld om iets nuuts aan te pak nie.

Sy sê faktore wat boere se besluite om op te hou boer beïnvloed, sluit aftrede sonder opvolgers in. Daar is soms net niemand wat met die boerdery wil aangaan nie, vir ander is die beleggingskoste om aan te hou boer en uit te brei om skaal te behou eenvoudig te hoog en die risiko te groot. Arbeidskoste speel ook ’n groot rol in boere se besluitneming en dan is daar die onsekerheid rondom grondbeleid en boere se kommer oor veiligheid.

Grondmark funksioneer goed

Cloete sê een van die gunstige aspekte wat haar navorsing uitwys, is dat die grondmark in Suid-Afrika goed funksioneer. As die regering dus sekere dele van sy beleidsraamwerk heroorweeg, kan die uittrede van boere wat weens ouderdom of ander omstandighede uittree, ook geleenthede vir nuwe toetreders beteken. Daar moet byvoorbeeld meer bystand vir nuwe en bestaande boere wees.

“Dit is goed dat die staat droogtehulp vir veeboere beskikbaar maak, maar wat van vrugteprodusente?”

Die staat moet ook moeite doen om goeie marktoegang vir boere se produkte op uitvoermarkte te beding. Dit kan baie help om kleiner boerdery-eenhede ekonomies lewensvatbaar te maak.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
+0.1%
Rand - Pond
20.02
-0.4%
Rand - Euro
17.58
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.63
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,669.73
+0.5%
Silwer
19.01
+1.0%
Palladium
2,186.75
-0.9%
Platinum
876.50
+1.0%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,265
+0.6%
Alle aandele
63,625
+0.6%
Hulpbronne 10
60,617
+1.4%
Industriële 25
77,008
+0.3%
Finansiële 15
13,749
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die beste gee
Ek is snaaks n mense mens hou van kuier braai en nuwe mense ontmoet ek hou van movies kyk tyd by die kerk duer bring en met my kids spandeer
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot