Die onteieningwetsontwerp is in die finale fases om wet te word, hoewel dit onverwags op 14 September by die portefeuljekomitee oor openbare werke en infrastruktuur vasgehaak het.
Die komitee moes op daardie dag die verslag oor wetsontwerp aanvaar, maar dié proses is uitgestel tot 20 September, die dag ná dié uitgawe se druktyd. Die definisie van “onteiening” in die wetsontwerp bly ’n belangrike geskilpunt.
“Daar was baie besprekings oor die definisie van eiendom en of die definisie vaste en roerende eiendom moes uitsluit, maar geen bespreking het oor die definisie van onteiening plaasgevind nie,” sê me. Annelize Crosby, hoof van regsintelligensie by Agbiz.