
Die drie finaliste van Kwanalu se Jongboer van die Jaar-kompetisie, wat op Donderdag 8 September by die Kwanalu-kongres aangekondig word, hoop om in hulle voorganger, mnr. Anthony Goble, sê voetspore te volg en die as Toyota se nasionale Jongboer van die Jaar aangewys te word.
Mnr. Craig Carter-Brown is ’n melk-, vleisbees-, bosbou- en mielieboer van die Creighton-omgewing. Hy en sy tweelingbroer, Greg, boer saam met hul pa, Patric, op die plaas Burnside. In 2014 het Craig en sy broer ’n innoverende hidrokragsentrale in die Umzimkhulurivier uit tweedehandse onderdele gebou, wat hulle in staat stel om teen baie lae koste water te besproei en selfs krag vir een van die melkerye op die plaas op te wek. Daar word meer as 1 500 koeie daagliks op Burnside gemelk en Craig, wat saam met sy vrou en twee kinders op die plaas woon, is die voorsitter van die Ingwe-boerevereniging.
Mnr. Andrew Craig van Underberg, boer saam met sy broer en sy pa met 3 000 skape, 700 vleisbeeste en 120 ha mielies op Montrose-boerdery. Andrew bestuur die bemarking en logistieke aspekte van die boerdery en bedryf ook ’n landbou-kontrakteurbesigheid, wat dienste soos grondvoorbereiding, vervoer en baal-kontrakteurwerk insluit. Andrew woon saam met sy vrou en drie kinders op die plaas.
Mnr. Neville Schefermann van Vryheid het oor die afgelope 10 jaar die Alford-boerdery van sy pa gekoop en boer met beeste, mielies en bosbou-plantasies in die Kambula-distrik. Neville boer met ’n Simmentaler-stoet en bedryf ook ’n driehoek-kruis Simmentaler, Afrikana en Sussex kommersiële kudde. Neville het ook ’n deurslaggewende rol gespeel om nuwe lewe in die Kambula-boerevereniging te blaas tydens sy amp as sekretaris by hierdie vereniging. Neville woon saam met sy vrou, Amy, op die plaas.