AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Só skerp jy veiligheid op in die feestyd

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Carien Kruger
Foto: Carien Kruger
Die feestyd is die tyd van die jaar wanneer talle Suid-Afrikaners met vakansie kan gaan, maar vir sommige boere is dit van hul besigste tye op die plaas.

Boere en hul gesinne ontvang in dié tyd dikwels ook besoekers, en die veiligheid van jou familie, besoekers en werkers moet ’n hoofprioriteit bly. 

“Plaasveiligheid is baie groter as net ’n enkele organisasie of gemeenskap. Ons kan mekaar beter beskerm deur saam te werk,” sê mnr. Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van die Fidelity-sekuriteitsgroep.

Dié maatskappy staan die afgelope drie jaar in vennootskap met Agri SA om landelike veiligheid reg oor Suid-Afrika te bevorder en landbouverwante misdade hok te slaan.

“Misdaad op plase het ’n enorme impak op die stabiliteit van die ekonomie en op die voedselproduksiestelsel. Die afgelope kwartaal se misdaadsyfers wat onlangs bekend gemaak is, dui daarop dat misdaad op ’n plaas  elkeen raak. Dit het ’n wyer impak as wat die meeste mense besef.”

Luidens ’n verklaring verduidelik Bartmann watter vier stappe boere kan doen om veiligheidsmaatreëls op plase te verbeter: 

  • Sluit by die plaaslike plaaswag of sekuriteitsfirma aan wat in jou area werksaam is. Stel hulle in kennis wanneer jy beoog om vir ’n paar dae in Desember weg te wees. Maak seker hulle weet wie jy aangestel het om vir jou in te staan en dat hulle die korrekte kontakbesonderhede het.
  • Beveilig die hoofhuis met ’n behoorlike heining en ligte. Maak seker  die gebied rondom die huis is vry van struike, bome of plantegroei wat skuiling kan bied.
  • Toets jou sekuriteitstelsel om seker te maak dit werk. As jy buitebalke of sensors het, maak seker dat hulle beweging optel.
  • Maak seker dat jy presies weet wie op jou eiendom gaan wees terwyl jy weg is, en dat die persoon wat jou eiendom namens jou gaan bestuur, jou beste belange op die hart dra. Maak ook seker dat almal wat daar gaan wees, weet wat om te doen en hoe om te reageer as misdaad gepleeg word. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot