Die staat se administratiewe prosesse vir ramphulp duur hopeloos te lank om vir boere van enige hulp te wees tydens ’n rampdroogte soos wat die afgelope paar jaar in dele van die Oos-Kaap geheers het.
Verder is die samestelling van boeregeledere in die Oos-Kaap van so ’n aard dat bestaansboere vir die meeste van enige staatshulp wat wel beskikbaar raak, in aanmerking sal kom.
Mnr. Brent McNamara, bedryfsbestuurder van Agri Oos-Kaap, het op Landbouweekblad se onlangse Bossiedag op die plaas Rietpoort van mnr. Doug en me. Liz Stern naby Nieu-Bethesda uiteengesit hoe rampgeld ná ’n droogterampverklaring toegewys word.