Die dispuut kan op die lang duur ook die beeld van die Europese Unie as ’n handelsvennoot skaad, sê mnr. Wolfe Braude, bestuurder van Agbiz Fruit, in ’n inligtingstuk oor hoe die dispuut kan verloop. Die twee partye is tans in die eerste fase van dispuutbeslegting, wat 60 dae vir konsultasie toelaat.
“Indien geen ooreenkoms bereik kan word nie, word fase 2 toegepas, wat tot 45 dae kan duur, waarby ’n paneel kundiges saamgestel word. Die paneel het ses maande om die aangeleentheid te besleg. Paneelbeslissings is moeilik om om te keer.
“Indien die EU die saak verloor, sal hy die gewraakte maatreëls moet verander óf met Suid-Afrika moet onderhandel om wedersyds aanvaarbare vergoeding te voorsien.