
Paarlse grondpryse het vanaf Maart verlede jaar tot Februarie vanjaar met 4,5% gedaal. Grondpryse was hier in Februarie sowat R337 587/ha.
Die ontleding van grondverkope in Suid-Afrika is van transaksies vir grond wat groter as 10. Altesame 505 ooreenkomste is in 27 Wes-Kaapse distrikte gesluit, wat 272 848 ha teen R4,963 miljard behels het.
In nege van die distrikte is dalende prysneigings waargeneem, hoofsaaklik in die wynland, die suide en westelike deel van die provinsie. Grondpryse styg dus meestal in dié provinsie.
Styging
Die distrik Clanwilliam het 'n allemintige styging van 20,4% getoon. Die gemiddelde prys was in dié 12 maande R39 911/ha.
Van die transaksies wat in die provinsie plaasgevind het, was 20 transaksies van kleur, 4% van die totaal. Dié soort transaksie sluit in verhandelings tussen individue (13), regeringsaankope van landbougrond (3) en grond wat vir stedelike ontwikkeling verkry is (2).
Dié proses het 11 308 ha (4,1% van die totaal) teen R217 miljoen (4,3% van die totale waarde) behels. Uit die totaal was 153 (30%) transaksies vir grond kleiner as 50 ha en 165 (33%) vir grond groter as 300 ha.