AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9530
-36,00
CORN
27 Sep
-
4818
-37,00
SOYA
27 Sep
-
8700
-9,00
SUNS
27 Sep
-
9848
-120,00
WEAT
27 Sep
-
7045,8
-12,20
WMAZ
27 Sep
-
4838
-28,00
YMAZ
27 Sep
-
4680
-30,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Soja het blink toekoms

Daar wag 'n blink toekoms vir boere wat sojabone in die regte wisselboustelsel verbou, het mnr. Jack Armour van die Vrystaatse Universiteit op 'n supersojadag by die Dundee-proefplaas in KwaZulu-Natal gesê.

Hy het resultate van wisselbouproewe bekend gemaak wat oor 'n tydperk van nege jaar in verskillende distrikte gedoen is. Dié resultate is verwerk om tipiese plaastoestande te weerspieël. Inligting is by boere verkry en 'n groep kundiges (wat boere insluit) het met praktiese en wetenskaplike raad gehelp.

Volgens die proefresultate raai mnr. Armour boere aan om sojabone vir twee jaar te plant voor 'n ander gewas soos mielies verbou word. Daarna moet hulle sojabone of 'n ander peulgewas, wat stikstof in die grond bevorder, minstens elke vier jaar op dié land plant.

Dit is noodsaaklik om klein hoeveelhede stikstof in die eerste twee sojaboon-aanplantings toe te dien, het hy gesê. 'n Entstof teen rhizobium-bakterie moet aanvanklik in die grond ingewerk word.

Hy het gesê boere moet besef dat sojabone se voordele in 'n wisselboustelsel op die lang termyn dividende lewer. Daarom moet boere met hierdie wisselbouplan volhou en nie skielik ander planne volg om tydelike hoë pryse na te jaag nie. Gewoonlik doen té veel boere dit dan, met die gevolg dat die prys weens oorproduksie daal.

Mnr. Armour se proewe toon dat boere die eerste jaar 'n verlies van R73/ha uit sojabone kan verwag. Die volgende jaar behoort die wins R703/ha te wees, wat geleidelik tot ongeveer R1 753/ha sal toeneem as die wisselboustelsel aan die gang is.

Daar is egter ander voordele benewens die wins uit sojabone. Weens die stikstof wat sojabone in die grond plaas, styg mielieproduksie as dit saam met sojabone in 'n wisselboustelsel geplant word. Proewe het 'n verbetering van 52 % getoon as min stikstof toegedien word. Natuurlik daal die produksiekoste ook, omdat minder kunsmis nodig is.

Verder word onkruid en insekte se siklusse deur die wisselboustelsel versteur, wat beteken dat minder onkruid- en insekdoders nodig is. Die oorproduksie van mielies word bekamp en proteïen word vir die plaaslike dierevoedingmark geproduseer, sodat minder proteïen ingevoer hoef te word.

Die grond se vrugbaarheid word verbeter en die omgewing word beter bewaar weens die afskaling van chemiese toedienings. Prysrisiko's word versprei omdat meer as een gewas geplant word. Mettertyd word die grond makliker bewerk. Gespesialiseerde werktuie is nie nodig nie. Boere het meer tyd om ander take te verrig, omdat die verskillende gewasse se oestye verskil.

Mnr. Armour het gesê verdere navorsing is nodig om die eerste jaar se verliese te bekamp.

13 September 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
+0.6%
Rand - Pond
19.40
-0.4%
Rand - Euro
17.31
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,637.00
+0.9%
Silwer
18.67
+1.7%
Palladium
2,041.34
-0.1%
Platinum
861.76
+1.0%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,305
+0.0%
Alle aandele
63,663
+0.1%
Hulpbronne 10
56,065
-0.3%
Industriële 25
79,425
-0.1%
Finansiële 15
14,087
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot